Voorwoord

Hierdie webwerf is opgestel met die doel om die Bybel se laaste boek, Die openbaring van Jesus Christus aan Johannes, maklik verstaanbaar te maak. Daar is gepoog om elke vers, of deel daarvan, wat 'n verborgenheid bevat so goed moontlik te verduidelik. Openbaring word altyd as 'n moeilike boek beskou, of daar word gesê dat dit te moeilik is om te verstaan en daarom lees ek dit nie. Met hierdie hulpbron behoort Openbaring baie makliker te wees om te verstaan en daar behoort nou geen verskoning te wees om dit nie te lees en te verstaan nie. Dit is van die uiterste belang vir die Christen om hierdie boek te lees en te verstaan. Lees Openbaring 1:3. Dit is die enigste boek in die Bybel wat God se seën aan jou belowe as jy dit "lees", "hoor" en "bewaar". Die rede hiervoor is ook in vers 3. want die tyd is naby. Die boek waarsku ook die Christen van die intensiteit wat sal toeneem van die Geestelike oorlogvoering teen die kerk.

Daar is ook baie ander geheime opgesluit in hierdie boek. Lees dit asseblief. Hopelik sal die lig vir u opgaan soos dit vir my opgegaan het toe dit aan my verduidelik is.

Ek wil ook my mede broer in Christus, Wimpie Liebenberg, bedank vir sy hulp en bystand met die navorsing, verduidelikings van die boek en al die proeflees. Dit het my laat verstaan wooroor Openbaring eintlik gaan. Dit is 'n pleidooi vir die mensdom om hulle te bekeer en hulle tot God te keer, want hierdie boek wys vir ons watter ellende en pyn nog voorlê vir die wat nie gehoorsaam is aan die Woord van God nie.

Ek wil ook my vrou, Charmaine bedank vir haar bemoediging en proeflees. Sonder haar en Carmen se geduld en bemoediging en aanmoediging sou dit nie so maklik gewees het om hierdie werk te doen nie. Baie dankie ook vir julle geduld en liefde.

Laaste maar nie die minste nie wil ek net sê al die eer kom God toe wat my toelaat om hierdie werk vir Hom te doen. Ek dank Hom vir al sy goeie gawes wat ons elke dag so mildelik uit Sy hand ontvang.

Betekenisleer


As ons na die hoofstukke van die boek openbaring kyk sal u sien dat daar verskeie kleure gebruik word. Die swart letters en die syfer is die verse soos in die 1953 vertaling van die Afrikaanse Bybel voorkom.

Die blou letters is my verduideliking of betekenis van wat net voor dit gskryf is.

Die groen onderstreepte letters is 'n verwysing of "hyperlink" wat u na 'n ander gedeelte sal neem wat iets verduidelik of demonstreer. Die sketse wat u sien is ook verwyssings en deur op hulle te kliek met die muis sal hulle vergroot word na hulle oorspronklike grootte.

As u enige vrae of kommentaar het kan u my per epos bereik Webmaster
of


Ek bid dat u die webwerf interesant sal vind, en dat die Heilige Gees vir u hierdie boek sal "oopmaak" om dit beter te verstaan.

Die plek om te begin is die Inhoudsopgawe