Die verlossings gebed Jy hoef nie langer 'n lewe van mislukking te lei nie, jy hoef ook nie langer 'n slaaf van Satan te wees nie. As jy nog nie Jesus as jou persoonlike Saligmaker en Verlosser aan geneem het nie en jy het nou besluit dat jy dit graag wil doen bid die gebed hieronder hardop. Moet dit nie net met jou oë lees nie, maar bely dit met jou hele hart. As jy hierdie stap voltooi het sal jy 'n wedergebore kind van God wees.(Johannes 3:1-8)

Die verlossings gebed

Ons Vader in die hemel ek kom na U in die naam van Jesus, ek weet dat ek teen U gesondig het met my gedagtes, gedrag, gewoontes en woorde. Daar is ook so baie goeie dinge wat ek nie gedoen het nie. Ek bely nou my sondes en ek draai my rug op hierdie dinge wat ek weet verkeerd is. Satan ek verwerp jou, die bloed van Jesus Christus is teen jou, ek bind al jou werke in my en ek breek elke band van slawerny wat jy oor my het.

Jesus ek weet dat U, U lewe vir my gegee het toe U aan die kruis gesterf het vir my sondes. Ek glo ook dat u uit die dood opgestaan het en opgevaar het na die hemel. Daarom Here wil ek nou uit dankbaarheid my lewe vir U terug gee. Ek vra U nou om in my lewe in te kom. Kom as my Verlosser en maak my skoon met U kosbare bloed. Kom as my Meester en neem beheer oor van my lewe. Kom in my lewe as 'n Vriend wat altyd by my sal wees.

Ek sal U dien die res van my lewe in totale gehoorsaamheid aan U. Ek vra U nou om my met U Heilige Gees te vul. Nou glo ek dat ek gered is, en dat ek 'n bloedgewaste kind van die Almagtige God is. Ek het nou uit die koningkryk van Satan uit oorgegaan na die van U geliefde Seun Jesus Christus. Ek loof en prys en dank U vir hierdie wonderlike voorreg. Amen

Terug