DIE OPENBARING VAN JESUS CHRISTUS AAN JOHANNES

Naam en onderwerp van die boek

1. Die openbaring van Jesus Christus wat God Hom (verwys na Jesus) gegee het om aan sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur, en wat Hy deur die sending van sy engel ('n engel van Jesus het die boodskap aan Johannes oorgedra - Hierdie engel kan ook 'n regverdige met 'n profetiese bediening wees as ons na Openbaring 15:6, 19:10 en 21:15 kyk.) aan sy dienskneg Johannes te kenne gegee het, 2. wat getuig het van die woord van God en die getuienis van Jesus Christus (Hierdie persoon het getuig van die bloed van Jesus wat gestort was vir die mens se verlossing.) alles wat hy gesien het. 3. Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby. (Dit is die enigste boek in die Bybel wat God se seeninge aan jou beloof as jy dit lees, hoor en bewaar)

Opdrag aan die sewe gemeentes van die provinsie Asie

4. Johannes aan die sewe gemeentes in Asië: Genade vir julle en vrede van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste (verwys na die Heilige Gees,daar is slegs een Gees maar die nommer 7 is die volmaakte nommer en verwys na die volmaaktheid van die Gees.) wat voor sy troon is, 5. en van Jesus Christus, die getroue getuie, die eersgeborene uit die dode (Jesus was die eerste een wat die dood oorwin het, en dit het my sy opstanding uit die dood gebeur) en die Owerste oor die konings van die aarde! Aan Hom wat ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in sy bloed 6. en ons gemaak het konings en priesters (na die wederkoms sal die wedergebore Christen saam met Jesus heers as 'n priester of 'n koning in die 1000 jaar vrederyk.) vir sy God en Vader, aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen. (Amen beklemtoon dit wat gese is.) 7. Kyk, Hy kom met die wolke (met die wederkoms sal Jesus op 'n wolk kom, wat ook die tema van die Openbaring boek is.), en elke oog sal Hom sien (televisie en internet), ook hulle wat Hom deursteek het;(dit verwys na die Jode in Israel) en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen! (nog 'n amen wat dit wat voor dit gesê is beklemtoon) 8. Ek is die Alfa en die Omega, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.

Jesus verskyn aan Johannes op Patmos. Bevel om op te skrywe wat hy sien, en dit te stuur aan die sewe gemeentes.

Johannes op die eiland Patmos 9. Ek, Johannes (Johannes verwys na homself omdat hy wel bekend was en die kredietwaardigheid wat hy gehad het.), julle broeder en deelgenoot in die verdrukking en in die koninkryk en lydsaamheid van Jesus Christus, was op die eiland wat Patmos genoem word, ter wille van die woord van God en om die getuienis van Jesus Christus. (Hy is van Éfese verban deur Domitian, die Romeinse keiser van daardie tyd) 10. Ek was in die Gees op die dag van die Here, (Die Here het Johannes in die Gees weggevoer na die eindtyd en hy het alles beleef soos in 'n film.) en ek het agter my 'n groot stem gehoor, soos van 'n basuin, ('n Basuin of trompet het nog altyd as 'n waarskuwings teken gedien - dit berei Johannes voor op die boodskap wat sal volg) wat sê: 11. Ek is die Alfa en die Omega, die eerste en die laaste, en skryf wat jy sien in 'n boek en stuur dit na die sewe gemeentes wat in Asië is: na Éfese en Smirna en Pergamus en Thiatire en Sardis en Filadelfia en Laodicea. 12. Toe draai ek my om, om te sien watter stem met my gespreek het; en toe ek my omgedraai het, sien ek sewe goue kandelaars, (die sewe kandelare verteenwoordig die 7 gemeentes wat 'n lig is in 'n donker wereld) 13. en tussen die sewe kandelaars Een soos die Seun van die mens (die middelpunt van die kerk) met 'n kleed aan wat tot op die voete hang, en gegord om die bors met 'n goue gordel. (die kleed simboliseer die priesterlike hoogheid) 14. Sy hoof en hare was wit soos wit wol, soos sneeu, (dit simboliseer ewigheid en wysheid) en sy oë soos 'n vuurvlam, (dit simboliseer alwetendheid - deursien alles.) 15. en sy voete soos blink koper wat gloei soos in 'n oond, (simboliseer alomteenwoordigheid) en sy stem soos die stem van baie waters. (simboliseer eerbiedwekende gesag) 16. En in sy regterhand (simboliseer beskerming) het Hy sewe sterre gehou, (die hoofde van die 7 gemeentes) en 'n skerp tweesnydende swaard het uit sy mond uitgegaan,(Die Woord, Eff 6:17) en sy aangesig was soos die son wat skyn in sy krag. (simboliseer onbeskryflike glorie en majesteit) 17. En toe ek Hom sien, val ek soos 'n dooie aan sy voete;(a.g.v. die absolute krag en heerlikheid van Jesus. Dit is ook 'n teken van respek en eerbied) en Hy het sy regterhand op my gelê en vir my gesê: Moenie vrees nie; Ek is die eerste en die laaste 18. en die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid. Amen. En Ek het die sleutels van die doderyk (Toe Jesus gesterf het aan die kruis het hy na die Paradys gegaan. Dit is een van die 5 kamers van die Geestelike onderwêreld. Hier was al die siele van die regverdiges wat voor Jesus se koms na die aarde gesterwe het. Die Satan het hierdie siele hier gevangene gehou. Hy het hulle saam met Hom opgewek en na die derde hemel geneem. Hiermee het Hy het die dood en die Satan oorwin) en van die dood. (Die graf, want elke siel sal sy liggaam gaan haal by die tweede opstanding.) 19. Skryf die dinge op wat jy gesien het, (Jesus se lewe, toe Johannes saam met Hom was.) die wat is, (die kerk dispensasie, die dinge wat nou van toepassing is) sowel as die wat gaan gebeur; (die dinge na die kerk dispensasie - die groot verdrukking, die wederkoms van Jesus en die nuwe hemel en aarde) 20. die verborgenheid van die sewe sterre wat jy in my regterhand gesien het, en die sewe goue kandelaars: die sewe sterre is die engele van die sewe gemeentes,(hoofde van die kerk) en die sewe kandelaars wat jy gesien het, is die sewe gemeentes. (Die eenigste lig in 'n andersins donker wêrel. - Johannes 8:12 en 9:5.)
volgende hoofstuk
indeks

Kopiereg van die Bybelteks © Bybelgenootskap van Suid Afrika 1953