Openbaring 10

Openbaring 10

Die boek uit die hemel word deur Johannes geëet

1 En ek het 'n ander sterk engel uit die hemel sien neerdaal, bekleed met 'n wolk, en 'n reënboog ('n bewys van God se verbond met die mens dat die aarde nooit weer met water vernietig sal word nie. ) was oor sy hoof, en sy aangesig was soos die son, (dit was so glorieryk dat 'n mens nie daarna kon kyk nie.) en sy voete soos pilare van vuur; (Die beskrywing pas Jesus. As ons verder kyk sal ons sien dat slegs Jesus (Handelinge 1:9-11) met 'n wolk tussen die aarde en die hemel beweeg het en weer so sal doen. 'n Verdere vergelyking is die van Ésegiël. Ésegiël is ook deur Jesus besoek en 'n boek gegee om te eet. (Ésegiël 2&3). Dit het gedui daarop dat hy aan Israel moet gaan profeteer oor hulle verlossing. Miskien het die boek wat Johannes moet eet dieselfde betekenis. Hy moet profeteer oor die mensdom se verlossing.) Die sterk engel - Jesus 2 en in sy hand het hy 'n geopende boekie gehad, (Dit kan iets wees wat God lankal beplan het, maar tot nou weerhou het van die mensdom.) en hy het sy regtervoet op die see gesit en sy linkervoet op die land; (Die voet op die land en in die see beteken dat hy gesag oor altwee gehad het.) 3 en hy het met 'n groot stem uitgeroep soos 'n leeu wat brul, (Daar is ander teks verse waar daar van 'n brullende leeu gepraat word wat na Jesus verwys. Jesaja 31:4-5, Jeremia 25:29-30, Hosea 11:10-11, Joel 3:16, Amos 3: 8 ) en toe hy uitgeroep het, het die sewe donderslae hulle stemme laat hoor. 4 En toe die sewe (Die volmaakte syfer ) donderslae hulle stemme laat hoor het, wou ek skrywe; maar ek het 'n stem uit die hemel vir my hoor sê: Verseël wat die sewe donderslae gespreek het, en skryf dit nie op nie. (Dit sal verseël bly totdat dit gebeur. Niemand weet wat daar gesê is nie, behalwe die wat teenwoordig was. Ons moet aan neem dat dit iets baie erg is wat gaan gebeur.) 5 En die engel wat ek op die see en op die land sien staan het, het sy hand na die hemel opgehef, 6 en hy het gesweer (Deur te sweer beteken dat dit 'n godelike wese moes wees, want nêrens in die bybel sweer 'n engel voor 'n mens of voor God nie. Alhoewel Jesus in 50 skrifgedeeltes gesweer het. In 31 ander gedeeltes word daar verwys na 'n mens wat voor God en mense sweer.) by Hom wat tot in alle ewigheid lewe, wat die hemel geskape het en wat daarin is, en die aarde en wat daarin is, en die see en wat daarin is, dat daar geen tyd meer sal wees nie; 7 maar in die dae van die stem van die sewende engel, wanneer hy met die basuin sal blaas, dan is die verborgenheid van God volbring, (Die verborgenheid verwys na die groot vraag hoekom Jesus nie vir eens en vir altyd met Satan afgereken het nie, maar wel later meer oor die verborgenheid van "geen tyd" in Hoofstuk 12.) soos Hy die blye tyding verkondig het aan sy diensknegte, die profete. (Dit kan wees dat die sewe donders slegs te doen het met Israel, want hier word gepraat van die profete en diensknegte.) 8 En die stem wat ek uit die hemel gehoor het, het weer tot my gespreek en gesê: Gaan, neem die geopende boekie in die hand van die engel wat op die see en op die land staan. 9 En ek het na die engel gegaan en aan hom gesê: Gee my die boekie. (Moontlik die hele Openbaring boek) Toe sê hy vir my: Neem en eet (leer uit dit wat aan jou meegedeel is.)dit op, en dit sal jou maag bitter maak, (Die verdrukking wat oor die wêreld kom het hom hartseer gemaak en sleg laat voel. )maar in jou mond sal dit soet (Johannes was bly oor die feit dat hy die visioene gekry het oor die openbaring boek en dat die ware kinders van die Here voor die verdrukking weggeraap word en nie deur die verdrukking gaan nie en wat die einde vir die kinders van God inhou.) wees soos heuning. 10 Toe neem ek die boekie uit die hand van die engel en eet dit op, (verstaan en begryp alles ) en in my mond was dit soet soos heuning; maar toe ek dit geëet het, het my maag bitter geword. 11 En hy het vir my gesê: Jy moet weer profeteer oor baie volke en nasies en tale en konings (Alles wat gesien en beleef is in hierdie openbaring moet aan alle nasie,s volke en tale vertel word.)

volgende hoofstuk
indeks
vorige hoofstuk

Kopiereg van die Bybelteks © Bybelgenootskap van Suid Afrika 1953