Openbaring 15

Openbaring 15

Sewe engele en sewe skale,
of die laaste plae

1 En ek het 'n ander teken in die hemel gesien, groot en wonderlik: sewe engele met die sewe laaste plae, want daarmee is die grimmigheid van God voleindig. (Sewe kom 59 keer voor in Openbaring allenlik. Dit is die volmaakte syfer. Daar was sewe seëls, basuine, donderslae ens.) 2 En ek het gesien iets soos 'n see van glas, gemeng met vuur. En die oorwinnaars oor die dier en oor sy beeld en oor sy teken, oor die getal van sy naam, het ek by die see van glas sien staan, met siters van God. (Soos voorheen gesê, verteenwoordig dit die glorie van God.) 3 En hulle het die lied gesing van Moses, (Lees Exodus 15:1-9. Dit is die lied wat die Israeliete gesing het toe hulle uit Egipte getrek het ) die dienskneg van God, en die lied van die Lam, (Jesus sal ook oor Satan oorwin.) en gesê: Groot en wonderlik is u werke, Here God, Almagtige; regverdig en waaragtig is u weë, o Koning van die heiliges! 4 Wie sal U nie vrees nie, Here, en u Naam nie verheerlik nie? Want U alleen is heilig; want al die nasies sal kom en voor U aanbid, (Dit verwys na die 1000 jaar vrederyk.) omdat u regverdige dade openbaar geword het. 5 En ná hierdie dinge het ek gesien, en kyk, die tempel van die tent van die getuienis in die hemel is geopen.(Dit is die tweede keer dat die tempel geopen word. Die eerste keer was in Openbaring 11:19) 6 En die sewe engele met die sewe plae het uit die tempel uitgekom, bekleed met rein, blink linne, en om die bors omgord met goue gordels. 7 En een van die vier lewende wesens het aan die sewe engele (Dit is gewone mense, want in Openbaring 19:9 sê die engel aan Johannes dat hy 'n gewone mens is, een van die profete. ) sewe goue skale gegee, vol van die grimmigheid van God wat leef tot in alle ewigheid. (Die wraak van God het begin met die sesde seël.) 8 En die tempel het vol rook geword uit die heerlikheid van God en uit sy krag, en niemand kon ingaan in die tempel voordat die sewe plae van die sewe engele voleindig was nie. (Dit sal letterlike plae wees en niemand in die hemel, met ander woorde geen geredde siel, sal in die Tempel toegelaat word alvorens die sewe skale op aarde voltrek is nie.)

volgende hoofstuk
indeks
vorige hoofstuk

Kopiereg van die Bybelteks © Bybelgenootskap van Suid Afrika 1953