Openbaring 17

Openbaring 17

Val van Babilon. Gesig van die groot
hoer wat deur die dier verlei is.

(Hierdie is die moeilikste boek in die Bybel om te verstaan. Dit is 'n inlas boek. Dit beteken dat dit die verloop van sake tot stilstand bring om iets te verduidelik. Dit speel af in die middel van die sewe jaar verdrukking.)

Die hoer op die draak. 1 En een van die sewe engele met die sewe skale het gekom en met my gespreek en vir my gesê: Kom hierheen, ek sal jou toon die oordeel van die groot hoer (Die beeld van 'n hoer word dikwils gebruik om geestelike afvalligheid voor te stel.) wat op die baie waters sit,(Baie waters verwys na 'n magdom van mense.) 2 met wie die konings van die aarde gehoereer het, en die bewoners van die aarde het dronk geword van die wyn van haar (Nie die antichris nie maar die vals godsdiens) hoerery. (Baie van die staatshoofde sal baie nou saamwerk om 'n valse wêreld godsdiens daar te stel.) 3 En hy het my in die gees weggevoer (Johannes kry nog 'n visioen.) na 'n woestyn, en ek het 'n vrou (Godsdiens wat afvallig van die Bybel is - New Age ens.) sien sit op 'n skarlakenrooi (Skarlakenrooi verwys na bloed wat gevloei het of nog gaan vloei. Daar word beweer dat meer as 200 miljoen mense gemartel is deur die eeue omdat hulle nie aan die valse godsdiens gehoor wou gee nie.) dier, (Hierdie dier verwys nie na die antichris nie maar na die seweryke waarvan die herboude Romeinse ryk een is wat Israel gaan vervolg.) vol godslasterlike name (Enige godsdiens wat nie Bybels is nie is godslasterlik.), met sewe koppe en tien horings. 4 En die vrou was bekleed met purper en skarlaken (Die vrou verteenwoordig twee ding nl:
  1. Groot krag - Sy ry op die dier en is dus in beheer.
  2. Rykdom - Sy het goud en edelgesteentes ens.)
en versierd met goud en kosbare stene en pêrels, en sy het in haar hand 'n goue beker gehad, (Die beker verwys na verlossing, maar dit is slegs 'n front) vol gruwels en die onreinheid van haar hoerery;(Van binne is die vrou vuil en onrein.) 5 en op haar voorhoof was 'n naam geskrywe: Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde.(Die Heilig Gees wil ons hier vertel dat niemand verlei of om die bos gelei moet word nie. In Rusland is die staat "God" - dit is wat kommunisme beteken en voorskryf. In Indië sterf honderde daagliks van honger maar die "heilige koeie" loop daar rond en niemand mag hulle iets aan doen nie.) 6 En ek het die vrou gesien, dronk van die bloed van die heiliges en van die bloed van die getuies van Jesus,(Al die vals godsdienste het al miljoene martelare as gevolg van Christus gedood.) en ek het my uitermate verwonder toe ek haar sien. (Johannes was verstom toe hy besef hoekom daar so baie mense vir Christus gedood is.)

(Verduideliking van die vrou en die dier)

7 Toe sê die engel vir my: Waarom het jy jou verwonder? Ek sal jou die verborgenheid (Alle godsdiens bevat 'n element van verborgenheid of misterie.) van die vrou vertel en van die dier met die sewe koppe en die tien horings, wat haar dra. (Daar is 3 afsonderlike dinge wat veduidelik moet word nl. die vrou, die dier en die koppe en horings.) 8 Die dier wat jy gesien het, was en is nie, en sal uit die afgrond opkom en na die verderf vaar; (Dit is nie die antichris nie. Dit is 'n Sataniese prins. Hy was bedrywig in die verlede maar is nie op die oomblik nie omdat hy op die oomblik in die bodemlose put gebind is. Hy sal weer losgelaat word op 'n bepaalde tyd om die antichrus te help om die beheer oor te neem.) en die bewoners van die aarde wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe geskryf is nie, sal hulle verwonder as hulle die dier sien wat was en nie is nie, alhoewel hy is. (Hier sê Johannes duidelik dat slegs die wat nie weggeraap is nie sal verwonderd wees oor die krag van die dier.) 9 Hier kom die verstand wat wysheid het, te pas. Die sewe koppe is sewe berge waar die vrou op sit. (Sewe koningkryke - Sien hoofstuk 12) 10 En hulle is sewe konings: vyf het geval ("Egipte", "Assirië", "Babilon", "Mede en Perse" en die "Griekse" rykke is nie meer nie.) en een is;(Die Romeinse Ryk wat bestaan het gedurende die lewe van Johannes toe hy die boek openbaring geskryf het.) die ander een het nog nie gekom nie;(Dit is die herboude Romeinse ryk wat vandag se Europese Unie is wat dieselfde grondgebied dek en wat die antichris sal beheer.) en wanneer hy kom, moet hy 'n kort tydjie bly. 11 En die dier wat was en nie is nie, is self ook die agtste, (Die antichris sal uit die Europese Unie aan bewind kom en sal dan later teen die Europese Unie draai met die oog om die wêreld oor te neem(die agtste ryk). Hy sal teen 3 heersers van die herboude Romeinse ryk oorlog maak en die ander sal hulle krag aan hom gee. Dan 7:8 en 24. Dit sal dan die 10 lande wees wat teen Israel sal veg.)en hy behoort by die sewe en gaan na die verderf. 12 En die tien horings wat jy gesien het, is tien konings wat nog geen koningskap ontvang het nie, (Dit is die Europese Unie wat al hul krag aan die antichris sal gee gedurende die laaste 3½ jaar van die verdrukking.) maar hulle ontvang mag soos konings een uur lank saam met die dier. 13 Hulle het een gesindheid en sal hulle krag en mag oorgee aan die dier.(Hulle sal geen ander keuse hê as om te gehoorsaam nie.) 14 Hulle sal teen die Lam oorlog voer, en die Lam sal hulle oorwin want Hy is die Here van die here en die Koning van die konings en die wat saam met Hom is, geroepe en uitverkore en getrou.(Die antichris en sy magte sal probeer om die naam van die Here van die aarde te verdelg, maar hulle sal nie daarin slaag nie.)

(Die ondergang van die hoer.)

15 En hy sê vir my: Die waters wat jy gesien het, waar die hoer op sit, is volke en menigtes en nasies en tale. 16 En die tien horings wat jy op die dier gesien het, hulle sal die hoer haat en haar verlate maak en naak, en haar vlees eet en haar met vuur verbrand.(Hulle sal enige vorm van godsdiens haat, insluitend die een wêreld godsdiens stelsel en dit met Satanisme vervang.) 17 Want God het dit in hulle harte gegee om sy bedoeling uit te voer en een bedoeling uit te voer, en hulle heerskappy aan die dier te gee totdat die woorde van God volbring is. 18 En die vrou wat jy gesien het, is die groot stad wat heerskappy voer oor die konings van die aarde. (Die eerste georganiseerde godsdienstige rebellie teen God het in Babilon begin toe Nimrod die toring van Babel gebou het. Al die valse godsdiente sal ook in Babilon eindig.)

volgende hoofstuk
indeks
vorige hoofstuk

Kopiereg van die Bybelteks © Bybelgenootskap van Suid Afrika 1953