Openbaring 20

Openbaring 20

Die Satan duisend jaar gebind. Die
gelowiges heers saam met Christus.

Die Satan word gebind vir 'n duisend jaar. 1 En ek het 'n engel (Dit is waarskynlik dieselfde engel as in Openbaring 9:1) uit die hemel sien neerdaal, met die sleutel van die afgrond (Dieselfde afgrond as in Lukas 16:25) en 'n groot ketting in sy hand. 2 En hy het die draak gegryp (Die Griekse woord is KRATEO wat beteken om sterk of magtig te wees. Dit moet voorwaar 'n baie magtige engel wees om die Satan te gryp.) die ou slang wat die duiwel en die Satan is en hy het hom gebind duisend jaar lank, 3 en hom in die afgrond gewerp en hom toegesluit (Lucifer was die mooiste engel en was oor die ander gestel voordat hy teen God gerebeleer het. Hy was eers uit die hemel gegooi volgens Eségiël 28:12 en 15 en nou van die aarde verban.) en dit bo hom verseël, sodat hy die nasies nie meer sou verlei totdat die duisend jaar voleindig is nie. Daarna moet hy dan 'n kort tydjie (Niemand weet hoe lank dit is nie, maar as dit dieselfde kort tydjie is soos in Openbaring 17:10 kan ons aan neem dat dit 3½ jaar sal wees.)ontbind word.

(Die regverdiges heers vir 1000 jaar saam met Christus)

4 En ek het trone gesien, en hulle (Al die regverdiges wat weggeraap is en die wat voor die wegraping in Jesus gesterf het sal saam met Christus terugkom en hulle sal aangestel word as konings of priesters.) het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele (Dit is siele uit die verdrukkings tydperk wat onthoof is as gevolg van hulle getuienis van Jesus.) gesien van die wat onthoof is (1) oor die getuienis van Jesus en (2) oor die woord van God, en (3) die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en (4) die merk op (in) hulle voorhoof en op (in) hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank. (Al drie die groepe, die weggeraaptes, die wat in Jesus gesterf het voor die wegraping en die wat gedurende die verdrukking gedood is as gevolg van hulle geloof, sal saam met Chruistus na die aarde kom en 1000 jaar saam met Hom regeer.) 5 En die ander dode (Die wat nie wedergebore christene is nie.) het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie. Dit is die eerste opstanding.(Bid sodat jy sekerheid kan kry dat jy deel van hierdie groep sal wees.) 6 Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood (Satan) geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.

Die Satan word losgemaak
en vir altyd oorwin.

7 En wanneer die duisend jaar voleindig is, sal die Satan uit sy gevangenis ontbind word; 8 en hy sal uitgaan om die nasies te verlei (Dit is al die mense wat Armageddon oorleef het. Party van hulle het God slegs gedien omdat Hy reën weerhou het van hulle gebied as hulle Hom nie gedien het nie. God is so regverdig dat Hy hierdie mense ook 'n kans sal gee om 'n ware keuse vir Hom te maak of eerder die Satan dien.) wat in die vier hoeke van die aarde is, die Gog en die Magog, (Gog en Magog is noord van Palestiena - die huidige Rusland - Lees Ésegiël 38 & 39.) om hulle te versamel vir die oorlog; en hulle getal is soos die sand van die see. (Miljoene mense - Ons kan hiervan aflei dat daar normale aanwas van mense sal wees gedurende die 1000 jaar vrederyk. Hulle sal ook sterf soos gewone mense, behalwe die met verheerlikde liggaame sal vir ewig lewe.) 9 En hulle het opgekom oor die breedte van die aarde en die laer van die heiliges en die geliefde stad (Jerusalem) omsingel, en vuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verslind. 10 En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is; (Hulle brand al vir 'n duisend jaar en hulle sal ook vir ewig brand.) en hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid.

Die laaste oordeel.

Die wit troon oordeel 11 En ek het 'n groot wit troon gesien en Hom (Jesus - dit ids die vervulling van Johannes 5:22) wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; (Simboliseer groot krag en gesag.) en daar is geen plek vir hulle gevind nie. 12 En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en 'n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke (Daar sal meer as een boek wees.) geskryf is, volgens hulle werke. 13 En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood (die graf - die liggaam) en die doderyk (Haides - die hel - die siel) het die dode gegee wat daarin was; (Mense wat op die oomblik in die hel is sien uit na hierdie dag. Hulle sal uit die hel kom om geoordeel te word, maar hulle sal dan na die poel van vuur - GEHENNA in Grieks - gaan as hulle naam nie in die boek van die lewe is nie.) en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke. (As jy nie 'n wedergebore christen is nie sal elke daad wat jy op aarde gedoen het in die boeke geskryf wees en jy sal geoordeel word vir elkeen van daardie dade.) 14 En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood. 15 En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.

volgende hoofstuk
indeks
vorige hoofstuk

Kopiereg van die Bybelteks © Bybelgenootskap van Suid Afrika 1953