Openbaring 21

Openbaring 21

Die nuwe hemel en die nuwe aarde.

1 En ek het 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; (Lees 2 Petrus 3:10-13. Die Griekse woord wat hier gebruik word is PARERCHOMAI - dit beteken om van een toestand na 'n ander oor te gaan. Dit beteken nie om heeltemal vernietig te word nie.) en die see was daar nie meer nie. 2 En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos 'n bruid wat vir haar man versier is. 3 En ek het 'n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God (Die Nuwe Jerusalem) is by die mense, en Hy (Jesus is in die nuwe Jerusalem) sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God. 4 En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.(Die Adamiese wêreld en die mens se geheue - ons sal getuienis lewer en daarvoor het jy 'n geheue nodig.) 5 En Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut. En Hy het aan my gesê: Skryf, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar. 6 En Hy het vir my gesê: Dit is verby! (Wat is verby?? Die 12 voudige plan van God.
  1. Daar sal 'n einde aan sonde wees - Openbaring 21:3-7; 22:3
  2. Vernuwing of verandering van hemel en aarde - 2 Petrus 3:5-13, Hebreërs 1:10-12, 12:25-28
  3. Alles word nuut gemaak - Openbaring 21:5
  4. Alle rebelle sal vernietig word - 1 Korinthiërs 15:24-28
  5. Die mensdom sal gereinig word van alle rebellie - Openbaring 21:3-8, Éfesiërs 1:10, 2:7, 3:11
  6. Die vloek word weggeneem - openbaring 21:3-8, 22:3, 1 Korinthiërs 15:24-28
  7. Die aarde word weer terug gekeer na God - Handelinge 3:21-22, 1 Korinthiërs 15:24-28
  8. Alle rebelle sal geoordeel word en na die poel van vuur gestuur word - Openbaring 20:11-15, Matthëus 25:41
  9. God word erken as die opperheerser van die aarde - Openbaring 21:3-8, 1 Korinthiërs 15:24-28, Éfesiërs 1:10
  10. God se oorspronklike plan vir 'n vrye wil en die heelal word herstel - Éfesiërs 3:9-11
  11. God en Sy manier van regeer word erken deur almal in die heelal - Éfesiërs 3:9-11, 2 Petrus 3:9
  12. God se troon en hoofkwartier word verskuif vanaf die derde hemel - Openbaring 21:3, 22:5 )
Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde. Aan die dorstige sal Ek gee uit die fontein van die water van die lewe, verniet. 7 Hy wat oorwin, (Hoe word ons oorwinaars? - Openbaring 12:11 - En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis.) sal alles beërwe; en Ek sal vir hom 'n God wees, en hy sal vir My 'n seun wees. 8 Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood. (Die tweede dood is die poel van vuur.)

Die nuwe Jerusalem

Die nuwe Jerusalem 9 En een van die sewe engele wat die sewe skale gehad het, vol van die sewe laaste plae, het na my gekom en met my gespreek en gesê: Kom hierheen, ek sal jou die bruid toon, (Die kerk is vir 'n baie lang tyd as die bruid van Jesus voorgestel. Dit is slegs half waar, die kerk en die nuwe Jerusalem met al die geredde siele van alle tye is die bruid.) die vrou van die Lam. 10 En hy het my in die gees weggevoer op 'n groot en hoë berg en my die groot stad getoon, die heilige Jerusalem, wat uit die hemel van God neerdaal; 11 en dit het die heerlikheid van God gehad, en sy lig was soos 'n baie kosbare steen, soos die kristalhelder jaspissteen. (Jaspis het 'n seegroen kleur.) 12 En dit het 'n groot en hoë muur met twaalf poorte gehad, en by die poorte twaalf engele, en name daarop geskrywe, naamlik dié van die twaalf stamme van die kinders van Israel.(Die twaalf seuns van Jakob.) 13 Aan die oostekant was daar drie poorte, aan die noordekant drie poorte, aan die suidekant drie poorte, aan die westekant drie poorte. 14 En die muur van die stad het twaalf fondamente gehad, en daarop was die name van die twaalf apostels van die Lam. 15 En hy wat met my gespreek het, het 'n goue meetroede (Dit is ongeveer 12½ voet of 3.81 m) gehad, om die stad en sy poorte en sy muur te meet. 16 En die stad het vierkantig gelê, en sy lengte was net so groot as sy breedte. En hy het die stad met die meetroede gemeet op duisend vyf honderd myl; (±2400 km) sy lengte en breedte en hoogte was gelyk. 17 En hy het sy muur gemeet op honderd vier en veertig el (±100 m), volgens 'n mens se maat, wat die maat van 'n engel is. 18 En die boustof van sy muur was jaspis, en die stad was suiwer goud soos suiwer glas. 19 En die fondamente van die muur van die stad was versierd met allerhande edelgesteentes. Die eerste fondament was jaspis,(seegroen kleur) die tweede saffier(blou kleur), die derde chalcedoon,(kan 'n verskeidenheid van kleure hê, dit kan wissel van 'n blouerige skynsel tot geel-rooi skynsel ) die vierde smarag;(groen kleur) 20 die vyfde sardóniks,(blou-wit kleur tot rooi) die sesde sardius, (bloed rooi) die sewende chrisoliet,(geel met 'n groen skynsel) die agtste beril,(deurskynende blou-groen) die negende topaas,(lig groen met geel) die tiende chrísopraas,(geel-groen met 'n blou skynsel) die elfde hiasínt,(rooi en geel gemeng ) die twaalfde ametís.(wissel van pers tot donker blou of diep rooi) Die poorte was soos 'n perel 21 En die twaalf poorte was twaalf pêrels; elkeen van die poorte was uit een pêrel, en die straat van die stad was suiwer goud soos deurskynende glas. 22 En 'n tempel het ek nie daarin gesien nie, want die Here God, die Almagtige, is sy tempel, en die Lam.(Dit beteken dat niemand na die tempel hoef te gaan om God te ontmoet nie. Hy sal tussen die mense wandel.) 23 En die stad het die son of die maan nie nodig om in hom te skyn nie, want die heerlikheid van God het hom verlig, en die Lam is sy lamp. (hier is die sewende versteekte manora. Dit verwys weereens na die lig.) 24 En die nasies van die wat gered word, sal in die lig daarvan wandel, en die konings van die aarde bring hulle heerlikheid en eer daarin. 25 En bedags want nag sal daar nie meer wees nie sal sy poorte nooit gesluit word nie; 26 en hulle sal die heerlikheid en die eer van die nasies daarin bring. 27 En daarin sal nie inkom iets wat verontreinig en gruwelikheid en leuens doen nie; maar net die wat geskrywe is in die boek van die lewe van die Lam

volgende hoofstuk
indeks
vorige hoofstuk

Kopiereg van die Bybelteks © Bybelgenootskap van Suid Afrika 1953