Openbaring 22

Openbaring 22

1 En hy het my getoon 'n suiwer rivier van die water van die lewe,(Alle lewe word deur God gegee. Die rivier van lewende water verwys na die Heilige Gees.) helder soos kristal, wat uitstroom uit die troon van God en van die Lam. 2 In die middel van sy straat en weerskante van die rivier was die boom van die lewe wat twaalf maal vrugte dra en elke maand sy vrugte gee, en die blare van die boom is tot genesing van die nasies. (Dit verwys na die behoud van lewe. Openbaring 2:7 verwys na die ewige lewe) 3 En daar sal geen enkele vervloeking meer wees nie, en die troon van God en van die Lam sal daarin wees, en sy diensknegte (Dit sluit almal in wat nie teen God gerebeleer het nie.) sal Hom dien. 4 En hulle sal sy aangesig sien, en sy Naam sal op hulle voorhoofde wees. 5 En nag sal daar nie wees nie; en hulle het geen lamp of sonlig nodig nie, omdat die Here God hulle verlig; en hulle sal as konings regeer tot in alle ewigheid.

Laaste waarskuwings en beloftes.

6 En hy het vir my gesê: Hierdie woorde is betroubaar en waaragtig; (Die Heilige Gees beklemtoon dat dit die woord van God is en nooit in twyfel getrek moet word nie.) en die Here, die God van die heilige profete, het sy engel gestuur om sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur.(Die voltrekking van alles wat in die Openbaring boek gesê is.) 7 Kyk, (1) Ek kom gou. Salig is hy wat die woorde van die profesie van hierdie boek bewaar. 8 En dit is ek, Johannes, wat dit gesien en gehoor het; en toe ek dit gehoor en gesien het, het ek neergeval om te aanbid voor die voete van die engel wat my hierdie dinge getoon het. 9 Toe sê hy vir my: Moenie! want ek is 'n mededienskneg van jou en van jou broeders, die profete, en van hulle wat die woorde van hierdie boek bewaar. (Hier word weer gewys dat dit nie 'n heilig persoon is nie, maar wel 'n ander geredde siel wat waarskynlik 'n profeet was.) Aanbid God. 10 En hy het vir my gesê: Moenie die woorde van die profesie van hierdie boek verseël nie, (Dit beteken dat almal dit sal kan verstaan. Daar is geen verskoning om te sê jy kan dit nie verstaan nie.) want die (2) tyd is naby. 11 Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen; en wie vuil is, laat hom nog vuiler word; en laat die regverdige nog regverdiger word, en laat die heilige nog heiliger word. (As jy tot sterwe kom is jou siel so soos dit was die dag toe jy tot sterwe gekom het. Die enigste plek waar daar iets aan jou siel gedoen kan word is aan die kant van die graf. Daar bestaan nie 'n plek soos vagevuur (purgatory) soos die Rooms Katolieke glo nie.) 12 En kyk, (3)Ek kom gou, en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees.(Wat het jy gedoen tot uitbreiding van die Koningkryk of verkondiging van die Evangelie?) 13 Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, die eerste en die laaste. 14 Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad. 15 Maar buite(Buite die nuwe aarde - Die poel van vuur.) is die honde (Die Hebreuse woord vir hond is KELEB. Dit dui ook op Sodomiete, homoseksuele of manlike prostitute. Lees Deuteronómium 23:18.) en die towenaars en die hoereerders en die moordenaars en die afgodedienaars en elkeen wat leuens liefhet en doen. 16 Ek, Jesus, het my engel gestuur om hierdie dinge aan julle voor die gemeentes te betuig. Ek is die wortel en die geslag van Dawid,(Dit is die eerste en die laaste menslike naam wat in die nuwe testament genoem word. Lees ook Mattheüs 1:1 ) die blink môrester. 17 En die Gees en die bruid sê:(4) Kom! En laat hom wat hoor, sê: (5) Kom! En laat hom wat dors het, (6) kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet.(Deur God se genade kan almal gered word ons moet dit net aan neem . Dit is verniet. Jesus het die prys vir ons aan die kruis betaal. Neem Hom nou aan as jou persoonlike saligmaker as dit nog nie gedoen het nie.) 18 Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is. (Dit sluit almal in, ek en jy. As iemand die woorde in hierdie boek verdraai sal God dit wat bygevoeg of weggelaat is by die oordeel voeg wat ons eendag sal ontvang. So vra die Heilige Gees om die boek vir jou verstaanbaar te maak en dit dan aan ander oor te dra.) 19 En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is. 20 Hy wat dit getuig, sê: Ja, (7) Ek kom gou. Amen, ja kom, Here Jesus! (Die Here waarsku ons 7 maal in die laaste hoofstuk dat Hy kom. Hierdie boek kon met 'n groot oordeel geëindig het, maar dit eindig met genade. Daar is nog tyd om Hom as jou verlosser aan te neem.) 21 Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle almal! Amen.

indeks
vorige hoofstuk

Kopiereg van die Bybelteks © Bybelgenootskap van Suid Afrika 1953