Openbaring 4

Openbaring 4


Gesig van die troon. Die vier-en-twintig ouderlinge. Die vier lewende wesens.

Die geopende deur in die hemel 1 Ná hierdie dinge het ek gesien kyk, 'n geopende deur in die hemel, en die eerste stem wat ek soos 'n basuin met my hoor spreek het, (Stem van Jesus - verwys na Openbaring 1:10) het gesê: Kom op hierheen, en Ek sal jou toon wat ná hierdie dinge moet gebeur. (Dit is duidelik dat Openbaring chronologies geskrywe is, want dit sê duidelik dat Jesus nou vir Johannes sal wys wat na hierdie dinge moet gebeur. Die eerste vraag is na watter dinge. In die vorige hoofstuk was die kerk op aarde en van hoofstuk 4 af lees ons nooit weer van die kerk op aarde nie. M.a.w. iets moes plaas gevind het. Die wegraping het plaasgevind. En ons vind dat die kerk tot en met Hoofstuk 19 in die hemel is. Die genade of kerk dispensasie is tot vandag ongeveer 2000 jaar op aarde. Sodra dit voltrek is sal daar 7 jaar oorbly wat as die verdrukkings tydperk bekend sal staan. Daarna sal die duisendjaar vrederyk op aarde wees. Waarna die aarde soos ons dit ken vernietig sal word en ons in die nuwe hemel en aarde sal wees.) 2 En dadelik was ek in die Gees, en kyk, daar staan 'n troon in die hemel en Een sit op die troon. (Daar is twee teorie oor hierdie vers. Die een is dat Johannes letterlik in die hemel was en die ander is dat dit 'n visioën was.) 3 En Hy wat daarop sit, het in sy voorkoms gelyk soos die steen jaspis en sardius; en rondom die troon was 'n reënboog wat in sy voorkoms gelyk het soos 'n smarag. (Daar word geen beskrywing gegee van die Een wat op die troon sit nie. Johannes kon nie die glorie van God beskryf nie en daarom gebruik hy verwyssings na edelgesteentes. Jaspis is 'n kristal helder steen wat baie soos 'n diamant lyk. Sardius is 'n diep rooi edelgesteente en dit simboliseer die bloed van die Lam of die wraak van God wat op pad is tydens die 7 jaar verdrukking wat voorlê vir die wat op die aarde agter bly. Smarag is 'n groen edelgesteente en simboliseer die ewigheid van God. Die reënboog simboliseer die heerlikheid van God.) 4 En rondom die troon was daar vier en twintig trone, en op die trone het ek die vier en twintig ouderlinge sien sit, (Daar is 4 denkwyses oor wie die 24 verteenwoordig.
  1. Dit kan die opperhoofde(ouderlinge) van die 24 vlakke van priesters wat in die tempel gewerk het gedurende die ou testament verteenwoordig. Hulle is die eerste keer deur koning Dawid aangestel. (1 Kron 24:1-19)
    of
  2. Die 24 ouderlinge kan ook dalk verwys na die ou Israelietiese Sanhedrin, die joodse raad wat Israel regeer het.
    of
  3. Daar sal 12 hekke en 12 fondasies in die nuwe stad Jerusalem wees. Elkeen van hierdie hekke het die naam van die 12 apostels en die 12 stamme van Israel. Dit is moontlik dat dit ook die persone kan wees wat die 24 verteenwoordig.
    of
  4. Dit kan ook 12 leiers uit die ou testament en 12 leiers uit die nuwe testament wees.)
bekleed met wit klere (Gewoonlik was alleenlik die priesters met wit beklee); en hulle het goue krone op hulle hoofde gehad (Dit simboliseer waardigheid of oorwinning. Dit kan ook verwys na die krone wat ons sal ontvang as ons in die hemel kom.) 5 En daar het weerligte en donderslae en stemme uit die troon uitgegaan (simboliseer hoe magtig en kragtig God is), en sewe vuurfakkels wat die sewe Geeste van God is, het voor die troon gebrand;(Weereens is daar 2 teorie oor die 7 Geeste.
  1. Dit is 7 engele wat God se diensknegte, boodskappers en predikers is. Hulle is daar om God se bevele uit te voer en Hom te dien.
  2. Dit verteenwoordig die Heilige Gees en die syfer 7 verwys net na die volmaaktheid van die Gees.)
6 en voor die troon was daar 'n see van glas soos kristal, (verwys na die majesteit van God en dit was te groot om naby aan die troon te kom.) en in die middel van die troon en rondom die troon vier lewende wesens vol oë van voor en van agter. (Dit simboliseer waaksaamheid) 7 En die eerste lewende wese was soos 'n leeu, en die tweede lewende wese was soos 'n kalf, en die derde lewende wese het 'n gesig gehad soos 'n mens, en die vierde lewende wese was soos 'n arend wat vlieg.(Weereens is daar vier teorieë oor die lewende wesens.
  1. Dit kan verwys na die vier evangelies. Johannes is die arend, Lukas die os of kalf, Markus die leeu en Matthéüs die man of engel in menslike vorm. Dit is dan ook die rede hoekom hulle tussen God en die 24 ouderlinge is. Hulle was Jesus se vertrouelinge op aarde. Die 4 evangelies verteenwoordig ook die Christelike kerk op aarde.
  2. Dit kan ook na die 4 divisies van die Israelitiese kamp of laer verwys (Num 2:1-34). Aan die ooste kant was Juda en die twee stamme onder hom. Die vaandel van Juda was die leeu. Aan die suidekant was Ruben en die twee stamme onder hom. Die vaandel van Ruben was die gesig van die mens. Aan die weste kant was Efraim en die twee stamme onder hom. Die vaandel van Efraim was die kalf of os. Aan die noorde kant was Dan en die twee stamme onder hom. Die vaandel van Dan was 'n arend met gespreide vlerke.
    Hierdie vier divisies verteenwoordig die Joodse volk op aarde.
  3. Dit kan ook die hele skepping verteenwoordig. Onder die intelektuele is die mens die opperwese. Onder die wilde diere is die leeu en die mak diere die os. Die arend is die opperwese van al die voëls. M.a.w elkeen verteenwoordig 'n koningkryk van die skepping. Lucifer (Satan) was die mooiste engel en was ook eens in die hemel. Hy word deur die slang voorgestel.Dit kon die koubloedige diere verteenwoordig. Hy is uit die hemel gegooi toe hy teen God gerebeleer het, daarom dat die koubloedige diere nie in die hemel verteenwoordig is nie.
  4. Of dit kan al drie van die bogenoemde saam wees.
Die vier lewende wesens is ook dieselfde as wat Eségiël in sy visioën gesien het. (Eseg 1:4-28))
8 En die vier lewende wesens het elkeen vir homself ses vlerke gehad, en hulle was rondom en van binne vol oë; en hulle het sonder ophou dag en nag gesê: Heilig, heilig, heilig is die Here God, die Almagtige, wat was en wat is en wat kom! (Die 4 lewende wesens was gerubs en hulle primêre doel was om God te heilig met lofpryssing.) Die 4 lewende wesens en die 24 ouderlinge 9 En elke keer as die lewende wesens heerlikheid en eer en danksegging gee aan Hom wat op die troon sit, wat tot in alle ewigheid lewe, 10 val die vier en twintig ouderlinge neer voor Hom wat op die troon sit, en aanbid Hom wat tot in alle ewigheid lewe, en werp hulle krone voor die troon en sê: (Hulle erken dat God die Allerhoogste is.) 11 U is waardig, o Here, om te ontvang die heerlikheid en die eer en die krag, want U het alles geskape en deur u wil bestaan hulle en is hulle geskape.

Hier in Openbaring 4 kry ons die tweede versteekte Manora. Dit is 'n beskrywig van God en sy heerlikheid.

volgende hoofstuk
indeks
vorige hoofstuk

Kopiereg van die Bybelteks © Bybelgenootskap van Suid Afrika 1953