Openbaring 5

Openbaring 5

Die Boek met sewe seëls verseël. Die Lam alleen waardig om dit oop te maak.


1 En ek het in die regterhand (simboliseer gesag) van Hom wat op die troon sit, 'n boek gesien, van binne en van buite beskrywe (Daar kan niks bygevoeg of weggelaat word nie.) en met sewe seëls goed verseël. (Sewe simboliseer die volmaaktheid van God. Dit was die gebruik om enige geskrif met jou eie seël te verseël nadat dit geskryf is. Die rede hiervoor was dat die een aan wie dit geadreseer was kon sien as iemand anders die seël gebreek het en sodoende die geskrif gelees het.) 2 En ek het 'n sterk engel gesien (Een van die hoofde van die engele skare) wat met 'n groot stem uitroep: Wie is waardig om die boek oop te maak en sy seëls te breek? 3 En niemand in die hemel of op die aarde of onder die aarde kon die boek oopmaak of daarin kyk nie.(God is die eienaar van die hele skepping. Sy seun Jesus het daarvoor betaal met Sy bloed. Dus is Hy die enigste een wat waardig is om dit oop te maak. Niemand anders kan dit doen nie. Dit sluit in alle demone, bose geeste, Satan en ook die engele.) 4 En ek het baie geween, (Johannes het geween omdat hy besef het dat die kerk op aarde en die hele skepping nie weet wat in die boek staan nie.) omdat daar niemand waardig bevind is om die boek oop te maak en te lees of daarin te kyk nie. 5 Toe sê een van die ouderlinge vir my: Moenie ween nie; kyk, die Leeu wat uit die stam van Juda is,(Jesus kom uit die stam van Juda en die vaandel van Juda was die leeu.) die wortel van Dawid, het oorwin (Deur na die aarde te kom in die vorm van 'n mens. Deur Sy liefde het Hy aan die kruis gesterwe en die dood oorwin.) om die boek oop te maak en sy sewe seëls te breek. 6 En ek het gesien, en kyk, in die middel van die troon en die vier lewende wesens en in die midde van die ouderlinge staan daar 'n Lam (Jesus word 'n lam genoem omdat Hy soos 'n lam geoffer was. Daar word gereken dat daar ongeveer 1 Biljoen lammers geoffer is sedert die instelling van die offerhande in Gen 3:21) asof Hy geslag is,(Dit dui daarop dat Jesus voor God staan en nog steeds Sy bloed vir ons laat vloei as offerhande vir 'n verlore gaande wêreld. Daar is altyd "vars" bloed vir mense wat voor God se troon te staan kom.) met sewe horings (die horings verwys na krag) en sewe oë,(verwys na die oneindige kennis en wysheid van Jesus) wat die sewe Geeste van God is wat uitgestuur is oor die hele aarde.(Sien Open 4:5) 7 Hy het gekom en die boek geneem uit die regterhand (simboliseer gesag) van Hom wat op die troon sit; 8 en toe Hy die boek neem, val die vier lewende wesens en die vier en twintig ouderlinge voor die Lam neer,(Dit simboliseer die hele kerk, die hele skepping en die ou testamentiese kerk) elkeen met siters en goue skale vol reukwerk, wat die gebede van die heiliges is.(Ps 141:2 sê:laat my gebed soos reukwerk voor U aangesig staan.) 9 Toe sing hulle 'n nuwe lied (Ps 96.1 verwys na 'n nuwe lied wat ons moet sing.) en sê: U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie,(Dit verwys daarna dat dit die hele kerk is. Ja alle volke, nasies en tale.) 10 en het ons konings en priesters (Lees Ex 19:6 en 1 Pet 2:9) vir onse God gemaak, en ons sal as konings (gedurende die 1000 jaar vrederyk) op die aarde heers. 11 Toe sien ek, en ek hoor 'n stem van baie engele rondom die troon en van die lewende wesens en die ouderlinge; en hulle getal was tien duisende van tien duisende en duisende van duisende;(Dit verwys na 'n magdom van engele wat God se heerlikheid besing.) Text 12 en met 'n groot stem het hulle gesê: Die Lam wat geslag is, is waardig om te ontvang die krag en rykdom en wysheid en sterkte en eer en heerlikheid en lof. 13 En elke skepsel wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde en wat op die see is, en alles wat in hulle is, het ek hoor sê: Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam kom toe die lof en die eer en die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! 14 En die vier lewende wesens het gesê: Amen! En die vier en twintig ouderlinge het neergeval en Hom aanbid wat lewe tot in alle ewigheid.

volgende hoofstuk
indeks
vorige hoofstuk

Kopiereg van die Bybelteks © Bybelgenootskap van Suid Afrika 1953