Openbaring 6

Openbaring 6

Die oopmaak van die eerste ses seëls.



(Die eerste seël)
1 En ek het gesien toe die Lam een van die seëls oopmaak; (Let op dat elke keer as 'n seël oopgemaak word, word die oordeel dadelik gevel teen almal wat teen die Christedom, en veral die Jode, is.) en ek het een van die vier lewende wesens hoor sê, (Heel waarskynlik die een met die gesig soos 'n leeu) soos die geluid van 'n donderslag: Kom kyk! (Waarskynlik het Johannes alles gesien gebeur soos in 'n film. Elke detail het hy gesien en daarom kon hy dit so goed beskryf.) Die eerste 4 seels - die wit perd, die rooi perd, die swart perd en die vaal perd 2 En ek het gesien, en kyk, daar was 'n wit perd. (Die witperd stel vrede voor.) En hy wat daarop sit( Dit is die antichrus wat homself openbaar. ), het 'n boog;(Die boog sonder pyle stel voor dat hy groot mag het maar in vrede kom.) en aan hom is 'n kroon (politieke status) gegee, en hy het uitgegaan as 'n oorwinnaar en om te oorwin. (Hy kom nou as die nuwe wêreld heerser. Hy het die hele wereld mislei. Stel jou voor na die wegraping gaan daar groot chaos op aarde wees. Hoe sou 'n mens die verdwyning van so baie mense verklaar. Hy herstel nou vrede en skep orde uit die chaos. Sien ook dat die "h" in "hom" en "hy" in klein letters is. Dit bevestig dat dit nie Jesus is nie

Ons kan ook verstaan hoekom baie mense die antichris as die Messias sal aanvaar. Daar is hoofsaaklik 3 redes nl.
  1. Hy sal na die oorlog teen Israel 'n sewe jaar vredesverdrag met Israel sluit.
  2. Hy sal toelaat dat die Jode die tempel herbou in die area waar die Moslem moskee "Dome of the Rock" staan
  3. Daar sal ook orde na die chaos van die wegraping herstel word. Gedurende die eerste 3½ jaar sal daar ook geen geweld wees nie.)
(Tweede seël )
3 En toe Hy die tweede seël oopgemaak het, hoor ek die tweede lewende wese (Heel waarskynlik die een met die geig soos 'n kalf of os) sê: Kom kyk! 4 En 'n ander perd, 'n vuurrooie, (Rooi simboliseer oorlog en gevaar.) het uitgekom, en aan hom wat daarop sit, is dit gegee om die vrede van die aarde af weg te neem en dat hulle mekaar sou doodmaak; (Dit dui ook op oorlog. Gedurende verskeie oorloë in die Bybel het mense van dieselfde kamp mekaar om die lewe gebring. Die Here sal dit weer doen om Israel te beskerm. Ons sal ook later sien dat die magte wat op aarde oorbly teen die antichris sal veg.) en 'n groot swaard is aan hom gegee. (Die groot swaard simboliseer verwoesting, slagting of 'n bloedbad.)

(Derde seël )
5 En toe Hy die derde seël oopgemaak het, hoor ek die derde lewende wese sê:( Waarskynlik die een met die gesig van die mens) Kom kyk! En ek het gesien, en kyk, daar was 'n swart perd; (Swart simboliseer hongersnood) en hy wat daarop sit, het 'n skaal in sy hand. (Die hongersnood sal so erg wees dat elkeen gerantsoneer sal word.) 6 En ek het 'n stem tussen die vier lewende wesens hoor sê: 'n Rantsoen koring vir 'n penning en drie rantsoene gars vir 'n penning;('n Rantsoen was 'n maat waarvan die gewig nie vir ons bekend is nie, maar dit word algemeen aanvaar dat dit die hoeveelheid kos is wat een persoon op 'n dag gebruik. 'n Penning (die Romeinse danarius) was 'n dag se loon vir 'n arbeider. M.a.w. dit gaan jou 'n hele dag se salaris kos om vir een persoon te sorg. Wat word van jou familie? Elke persoon sal moet werk net om aan die lewe te bly.) en moenie die olie en die wyn beskadig nie. (Niemand sal dit kan bekostig nie, moet dit ook nie as alledaagse dinge gebruik nie en moet dit nie beskadig nie anders sal jy daarvoor moet betaal.)

(Vierde seël )
7 En toe Hy die vierde seël oopgemaak het, hoor ek die stem van die vierde lewende wese sê:(Waarskynlik die een met die gesig van 'n arend) Kom kyk! 8 En ek het gesien, en kyk, daar was 'n vaal perd. (Dit simboliseer dood.) En hy wat daarop sit, sy naam is die dood, en die doderyk het hom gevolg. En aan hulle is mag gegee oor die vierde deel van die aarde (As ons vandag se wêreld bevolking vat is dit ongeveer 1.5 biljoen mense.) om dood te maak met swaard en hongersnood en pes en deur die wilde diere van die aarde.

(Vyfde seël )
Vyfde seel - siele onder die altaar 9 En toe Hy die vyfde seël oopgemaak het, sien ek onder die altaar (Die brandoffer altaar waar die offerande geslag is en die bloed gevloei het.) die siele van die wat gedood (moderne martelare wat gepynig en gedood is) is ter wille van die woord van God (ou testament - of mense wat volgens die wet (soos in die Torha (die eerste 5 boeke van die Ou Testament) beskrywe is gelewe het bv. die Jode) en die getuienis (nuwe testament - mense wat onder God se genade lewe en vir Jesus se getuienis gesterwe het.) wat hulle gehad het. 10 En hulle het met 'n groot stem uitgeroep en gesê: Hoe lank, o heilige en waaragtige Heerser, oordeel en wreek U nie ons bloed op die bewoners van die aarde nie? 11 En aan elkeen van hulle is wit klere gegee;(simboliseer hulle reinheid) en aan hulle is gesê dat hulle nog 'n klein tydjie (daar is 'n tyd aan hulle gegee) moes rus totdat ook hulle medediensknegte en hulle broeders wat nog gedood sou word soos hulle, (tydens die res van die verdrukking periode na die wegraping) voltallig sou wees.

(Sesde seël )
Sesde seel - aardbewing en sterre wat val 12 En ek het gesien toe Hy die sesde seël oopgemaak het, en kyk, daar was 'n groot aardbewing; (Dit het die aarde geweldig geskud en ook die hele hemelruim verdonker a.g.v. die stof en sand wat die lug ingestyg het.) en die son het swart geword soos 'n harige sak,(daar sal wolke stof in die lug wees en die son se strale verberg) en die maan het geword soos bloed; (rooi a.g.v die stof in die atmosfeer) 13 en die sterre van die hemel het op die aarde geval, (meteoriete) soos 'n vyeboom wat deur 'n groot wind geskud word, (As 'n meteoriet die aarde se atmosfeer binnedring kloof dit letterlik die atmosfeer oop.) sy navye laat afval; 14 en die hemel het weggewyk soos 'n boek wat toegerol word, en al die berge en eilande is uit hulle plekke versit; (niks op aarde of in die hemelruim sal weer dieselfde wees nie.) 15 en die konings van die aarde en die grotes en die rykes en die owerstes oor duisend en die magtiges en al die slawe en al die vrymense het hulle weggesteek in die spelonke en in die rotse van die berge, (Die meeste hooggeplaastes in die wêreld het "nuclear bunkers" waarin daar geskuil kan word. Onder die Pentagon en in Die herboude paleis in Babilon het Saddam Hoessein so 'n bunker. Almal was bang en het probeer om weg te kom van die natuur rampe) 16 en vir die berge en die rotse gesê: Val op ons en verberg ons vir die aangesig van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van die Lam; 17 want die groot dag van sy toorn het gekom, en wie kan bestaan?

volgende hoofstuk
indeks
vorige hoofstuk

Kopiereg van die Bybelteks © Bybelgenootskap van Suid Afrika 1953