Openbaring 7

Openbaring 7

Die getroue Iraeliete uit ontsaglike gevare gered.



1 En ná hierdie dinge het ek vier engele op die vier hoeke van die aarde sien staan, en hulle het die vier winde (Simboliseer groot vernietiging en tragedie) van die aarde vasgehou, sodat geen wind sou waai op die aarde of op die see of teen enige boom nie. (Die verwoesting is vertraag) Die 144 000 word verseel 2 En ek het 'n ander engel sien opkom van die opgang van die son, met die seël van die lewende God(Dit is een van die aardsengele ); en hy het met 'n groot stem geroep na die vier engele aan wie dit gegee is om die aarde en die see te beskadig 3 en gesê: Moenie die aarde of die see of die bome beskadig voordat ons die diensknegte van onse God op hulle voorhoofde verseël het nie. (Dit is nie die 666 merk van die antichris nie, maar 'n seël van God. Sien Eseg 9:4 - Hierdie mense word aan God opgedra. Hulle is onder God se beskerming en niks of niemand kan hulle iets aandoen nie. Dit was 'n gebruik in daardie tyd om jou merk op of die voorkop of op die skouer van die slaaf te brand met 'n warm yster.) 4 En ek het die getal van die verseëldes gehoor: honderd vier en veertig duisend verseëldes uit al die stamme van die kinders van Israel (Dit is Israeliete en nie Christene nie uit 'n sekere kerkgroep nie soos ons later sal bewys.) 5 uit die stam van Juda twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Ruben twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Gad twaalf duisend verseëldes; 6 uit die stam van Aser twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Náftali twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Manasse twaalf duisend verseëldes; 7 uit die stam van Símeon twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Levi twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Issaskar twaalf duisend verseëldes; 8 uit die stam van Sébulon twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Josef twaalf duisend Die 12 000 uit die 12 stamme van Israel verseëldes; uit die stam van Benjamin twaalf duisend verseëldes.(Let daarop dat Dan en Efraim nie genoem word nie. Hulle was die voorstaanders van afgodery in die ou testament. Verder word Levi toegevoeg. Volgens die ou testament het hulle geen erfdeel in Israel nie. Die stam van Josef vervang Efraim.)

Gesig van die martelare in die heerlikheid.


9 Ná hierdie dinge het ek gesien, en kyk, daar was 'n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale;(Johannes het in die toekoms in gekyk na die einde van die sewe jaar verdrukking en letterlik 'n magdom mense uit alle nasies, volke en tale gesien wat die martelare is wat uit die verdrukking kom en nou in die hemel is.) hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam, bekleed met wit klere(simboliseer reinheid ) en met palmtakke (teken van oorwinning) in hulle hande; 10 en hulle het met 'n groot stem geroep en gesê: Heil aan onse God wat op die troon sit, en aan die Lam! 11 En al die engele het rondom die troon en die ouderlinge en die vier lewende wesens gestaan, en hulle het voor die troon op hulle aangesig neergeval en God aanbid en gesê: 12 Amen! Die lof en die heerlikheid en die wysheid en die danksegging en die eer en die krag en die sterkte aan onse God tot in alle ewigheid! Amen. 13 Toe het een van die ouderlinge gespreek en vir my gesê: Hulle wat bekleed is met die wit klere, wie is hulle en waarvandaan het hulle gekom? (Een van die 24 ouderlinge het Johannes getoets om te sien of hy verstaan wat hy sien.) 14 En ek sê vir hom: My heer, u weet dit. En hy sê vir my: Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom, (Hier is die bewys dat dit nie 'n sekere kerkgroep is nie.) en hulle het hul klere gewas en hul klere wit gemaak in die bloed van die Lam.(Dit verwys na toekomstige dinge. Dit is al die mense wat in die groot verdrukking gesterf het omdat hulle weier om die merk van die antichris te aanvaar of omdat hulle weier om die antichris te aanbid. Na die wegraping gaan die meeste mense moet sterf vir hulle geloof om in die hemel te kom soos later bewys sal word.) 15 Daarom is hulle voor die troon van God en dien Hom dag en nag (Altyd. Daar is geen einde aan nie. )in sy tempel; en Hy wat op die troon sit, sal sy tent oor hulle oopspan. 16 Hulle sal nie meer honger en nie meer dors hê nie, en nooit sal die son of enige hitte op hulle val nie; 17 want die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle laat wei en hulle na lewende waterfonteine lei, en God sal alle trane van hulle oë afvee. (Daar sal geen meer hartseer of swaarkry wees nie.)

volgende hoofstuk
indeks
vorige hoofstuk

Kopiereg van die Bybelteks © Bybelgenootskap van Suid Afrika 1953