Openbaring 8

Openbaring 8

Die sewende seël word oopgemaak.
Sewe engele met basuine.
Die eerste vier basuine.


(Sewende seël)
1 En toe Hy die sewende seël oopgemaak het, kom daar stilte in die hemel omtrent 'n halfuur lank.(Die stilte voor die storm. Die gebeure wat volg, volg baie die prosedure van gebeure in die tempel as daar offers gebring word. Voor die priester die offers kon bring moes daar wierook gebrand word. Gedurende hierdie tyd het die mense in stilte in hulle harte gebid. Dit kan ook wees dat die totale verwoesting wat aan die kom is met die sewe basuine, die hemel laat sidder het en sodoende die stilte.) 2 En ek het die sewe engele (Dit kan dieselfe engele wees waarna daar verwys is as die sewe geeste. ) gesien wat voor God staan, en sewe basuine is aan hulle gegee. 3 En 'n ander engel het gekom en met 'n goue wierookbak (Gewoonlik is daar van 'n silwer wierook bak gebruik gemaak. Net met 'n offer vir versoening is daar van 'n goue wierook bak gebruik gemaak.) by die altaar (wierook altaar) gaan staan, en baie reukwerk (Volgens Psalm 141:2 is die heiliges se gebede soos wierook vir God ) is aan hom gegee, om dit met die gebede van al die heiliges op die goue altaar voor die troon te lê; 4 en die rook van die reukwerk het met die gebede van die heiliges (hierdie kan die heiliges wat se siele onder die brandoffer altaar was in die vorige hoofstuk.) uit die hand van die engel opgegaan voor God. (Die offer word deur God aanvaar.) 5 En die engel het die wierookbak geneem en dit met vuur van die altaar volgemaak en dit op die aarde gegooi;(Dui op God se voltrekking van die onheiliges se vonnis vir die dood van die heiliges gedurende die vyfde seël.) en daar het stemme gekom en donderslae en weerligte en aardbewing. (Enorme krag het van God van die troon af gekom) Die sewe engele met die sewe basuine 6 En die sewe engele met die sewe basuine het hulle gereed gemaak om te blaas.

(Eerste basuin)
7 En die eerste engel het geblaas, en daar het hael en vuur gekom met bloed gemeng, en dit is op die aarde gegooi. En 'n derde van die bome het verbrand, en al die groen gras het verbrand.(Die vernietiging van een derde van die mens en dier se omgewing vererger die hongersnood op aarde.)

(Tweede basuin)
8 En die tweede engel het geblaas, en iets soos 'n groot berg wat brand met vuur,(Dit kan of 'n meteoriet of 'n groot vulkaan wees.) is in die see gegooi. En 'n derde van die see het bloed geword,(God het dit in Egipte met die tien plae gedoen. Hy kan dit weer doen.) 9 en 'n derde van die lewende skepsele in die see het gesterwe,(Dit sal die hongersnood vererger want baie mense leef van die see.) en 'n derde van die skepe het vergaan. Die sewe basuine

(Derde basuin)
10 En die derde engel het geblaas, en 'n groot ster wat soos 'n fakkel brand, het uit die hemel geval, en dit het geval op 'n derde van die riviere en op die waterfonteine. 11 En die naam van die ster word genoem Alsem(Alsem is bitter. Die engels is Wormwood. Die wêreld sterrekunduges het 'n ster ontdek wat wat hulle onwetend Wormwood gedoop het. Dit is die rede hoekom die Chinese nie die kerwapen vrede ooreenkoms wou sluit nie, want hulle weet die ster gaan die aarde se wentelbaan kruis en hulle beplan om dit met kernwapens uit die pad uit te skiet. Johannes het ±2000 jaar glede van Wormwood geskryf. Lees die Engelse Bybel.); en 'n derde van die waters het als geword, en baie mense het gesterwe van die water, omdat dit bitter geword het.(Dood en verwoesting gaan voort.)

(Vierde basuin)
12 En die vierde engel het geblaas, en 'n derde van die son is getref en 'n derde van die maan en 'n derde van die sterre, sodat 'n derde van hulle donker sou word en die dag vir sy derde deel nie lig sou gee nie,(Hier is die derde versteekte manora in openbaring. Die vierde basuin is in die middel van die sewe en dit affekteer die lig. ) en die nag net so. (Dit sal stik donker wees in die nag.) 13 En ek het gesien en gehoor 'n engel wat in die middel van die hemel vlieg, wat met 'n groot stem sê: Wee, wee, wee (wee beteken nood, smart of elende.) hulle wat op die aarde woon, vanweë die orige geluide van die basuin van die drie engele wat nog sal blaas! (Groot smart en elende en nood sal van nou af die aarde tref.)

volgende hoofstuk
indeks
vorige hoofstuk

Kopiereg van die Bybelteks © Bybelgenootskap van Suid Afrika 1953