Openbaring 9

Openbaring 9

Die vyfde basuin of die eerste wee.



(Vyfde basuin - Mensdom word aangeval )
1 En toe die vyfde engel blaas, sien ek 'n ster wat uit die hemel op die aarde geval het,(Dit simboliseer 'n engel, maar dit is nie Lucifer of een van sy gevalle engele nie.) en aan hom is die sleutel van die put (Die bodemlose put.) van die afgrond gegee. (Dit is iewers in die onderwêreld wees en is nou gesluit tot in die verdrukkings tydperk.) 2 En hy het die put van die afgrond oopgemaak, en daar het rook opgekom uit die put soos rook van 'n groot oond,(Daar is 'n groot vuur in die bodemlose put ) en die son en die lug is deur die rook van die put verduister. 3 En uit die rook het daar sprinkane uitgekom op die aarde, en aan hulle is mag gegee soos die skerpioene van die aarde mag het. 4 En aan hulle is gesê dat hulle nie die gras van die aarde of enige groenigheid of enige boom moet beskadig nie, maar net alleen die mense wat die seël van God (Die 144 000 verseëlde Jode) nie op hulle voorhoofde het nie.(Dit is intelegente bose demone, en verstaan wat gedoen moet word, want hulle voer instruksies uit.) 5 En dit is aan hulle gegee, nie om hulle dood te maak nie, (Hulle kan dood maak maar is aangesê om dit nie te doen nie.) maar dat hulle vyf maande lank gepynig sou word; en hulle pyniging was soos die pyniging van 'n skerpioen wanneer hy 'n mens steek.(Die mensdom op aarde sal vir vyf maande ly onder hierdie bose demone.) 6 En in dié dae sal die mense die dood soek en dit nie vind nie; en hulle sal verlang om te sterwe, en die dood sal vir hulle wegvlug. 7 En die voorkoms van die sprinkane was soos dié van perde wat vir die oorlog toegerus is, en op hulle koppe was iets soos krone wat net soos goud gelyk het, en hulle gesigte was soos die gesigte van mense. 8 En hulle het hare gehad soos vrouehare, en hulle tande was soos dié van leeus. 9 En hulle het borsharnasse gehad soos van yster, en die gedruis van hulle vlerke was soos die gedruis van baie strydwaens met perde wat opruk na die oorlog. 10 En hulle het sterte gehad soos dié van skerpioene, en daar was angels in hulle sterte, en hulle mag was om die mense vyf maande lank skade aan te doen. 11 En hulle het as koning (Dit is nog 'n bewys dat hulle nie diere of insekte is nie.)oor hulle die engel van die afgrond; sy naam in Hebreeus is Abáddon (Dit is ook die naam van een van die slegs vier engele wat in die Bybel by hul name genoem word. Die ander drie is Gabriël en Michael altwee van God en Lucifer en Abáddon wat van Satan is - Abáddon beteken verwoester - Volgens Albert Pike, 'n voormalige 33º Vrymesselaar, sê in sy boek "Morals and dogma of ancient and accepted Scottish Rite freemasonary" is dit die kodewoord van die 17º vrymesselaars van die "Scottish Rite" wat in een van hul rituele gebruik word voor 'n swart altaar. So reg uit die put van die hel.), en in Grieks het hy die naam van Apóllion.(vernietiging ) 12 Die een wee het verbygegaan; hierna kom daar nog twee weë.

(Sesde basuin)
13 En die sesde engel het geblaas, en ek het 'n stem gehoor uit die vier horings van die goue altaar (Dit simboliseer God se stem vanaf die reukwerk altaar wat reg voor God se troon staan.) wat voor God is, 14 en dié het aan die sesde engel met die basuin gesê: Maak die vier engele los wat gebind is by die groot rivier, die Eufraat.
    (
  1. Dit is die plek waar die skepping begin het - waaar die tuin van Eden was.
  2. Dit is waar die eerste georganiseerde rebellie teen God plaasgevind het. Nimrod het begin om die toring van Babel te bou.
  3. Op die oomblik is Saddam Hussein besig om die stad Babilon in die selfde area te herbou.(Later meer hieroor)
  4. Dit is die omgewing waar die beskawing gaan eindig.)
15 Toe is die vier engele losgemaak wat gereed gehou was vir die uur en dag en maand en jaar, om 'n derde van die mense dood te maak. (Daar is nou net ±4.5 biljoen mense oor op aarde. En derde sal nou gedood word, m.a.w. daar sal 'n verdere ±1.5 biljoen mense sterwe in hierdie tydperk. Dus krimp die wêreld bevolking nou na ongeveer 3 biljoen.) 16 En die getal van die leërs van perderuiters was twee maal tien duisend maal tien duisend;(200 mijoen) en ek het hulle getal gehoor. 17 En só het ek in hierdie gesig die perde gesien en die wat op hulle sit, met vuurrooi en blou en swawelgeel borsharnasse.(Hierdie 200 miljoen demone gaan in die soldate wat teen Israel optrek om te veg invaar.) En die koppe van die perde was soos leeukoppe, en uit hulle bekke het vuur en rook en swawel uitgegaan. 18 Deur hierdie drie plae is 'n derde van die mense gedood, deur die vuur en deur die rook en deur die swawel (Vuur, rook en swawel verwys na oorlog) wat uit hulle bekke uitgegaan het; 19 want hulle mag is in hulle bek en in hulle sterte; want hulle sterte is soos slange en het koppe, en daarmee rig hulle skade aan. 20 En die orige mense wat deur hierdie plae nie gedood is nie, het hulle nie bekeer van die werke van hul hande, om die duiwels te aanbid, of die afgode van goud en silwer en koper en klip en hout wat nie kan sien of hoor of loop nie. 21 En hulle het hul nie bekeer van hul moorde en hul towerye en hul hoerery en hul diefstalle nie.

volgende hoofstuk
indeks
vorige hoofstuk

Kopiereg van die Bybelteks © Bybelgenootskap van Suid Afrika 1953