Wegraping

Die Wegraping


As ons na die Ou Testament kyk sal ons sien dat daar twee verskillende prentjies oor ons Messias - Redder en Verlosser - geskilder word. Die een is 'n toneel van lyding (Jesaja 53:2-10, Psalm 22:6-11) en die ander toneel is van die heersende Koning (Psalm 2:6-12, Sagaria 14:9,16). Die rede hiervoor is dat Hy twee keer na die wêreld sal kom. Die eerste keer was die lydende en verwerpte Messias (ongeveer 2000 jaar gelede) en die tweede keer as die heersende Koning (in die toekoms).

In die Nuwe Testament sien ons ook twee tonele, alhoewel dit een koms is wat verdeel is in twee fases bv. 'n persoon wat halfpad na sy eindbestemming oornag, kom nie twee keer nie. Dit is een reis opgedeel in twee fases. Die eerste fase sal die wegraping wees en die tweede fase die wederkoms. Daar is baie verskille tussen die twee fases nl. die wegraping en die wederkoms. Ons moet seker maak dat ons nie die twee verwar nie.

WegrapingWederkoms
Jesus kom om die kerk te haal. Johannes 14:1-3, 1 Thessalonicense 4:14-171Jesus kom saam met die kerk. Kollosense 3:4, Sagaria 14:5, Judas 1:14, Openbaring 19:14
Ons sal Hom in die lug ontmoet. 1 Thessalonicense 4:13-182Jesus sal Sy voet op die aarde neersit. Sagaria 14:4, Openbaring 19:11-21
Die wat glo sal weg geneem word. Die wat nie glo nie sal agterbly. 1 Thessalonicense 4:13-183Die wat nie geglo het nie sal weggeneem word. Die wat gered is tydens die verdrukking sal agterbly. Mattheus 13:28-30
Slegs wedergebore christene sal Hom sien. 1 Johannes 3:2 4Elke oog sal Hom sien. Openbaring 1:7
Kan enige oomblik gebeur. Openbaring 3:3, 1 Thessalonicense 4:14-65Dit gebeur aan die einde van die 7 jaar verdrukking. Daniël 9:24, Mattheus 24:29-30, 2 Thessalonicense 2:3-8
Gebeur in 'n oogwink. 1 Korinthiers 15:51-546Almal sal Hom sien kom. Dit is 'n stadige proses. Mattheus 24:30, Openbaring 1:7
Jesus kom nie op 'n wit perd nie.7Jesus kom op 'n wit perd. Openbaring 19:11
Doel is om die kerk aan God voor te stel. Openbaring 19:6-9, 2 Korinthiers 11:28Doel is om te oordeel en Sy koningkryk op aarde te vestig. Judas 1:14-15, Openbaring 19:11-21, Sagaria 14:3-4
Die wegraping is slegs vir die kerk. 1 Thessalonicense 4:13-18 9Die wederkoms is vir die geredde Jood en die wedergebore nie-Jood.("Gentile")
Die tradisionele Joodse troue help ons ook om God se plan met die mensdom beter te verstaan.

Ons leef vir ongeveer 2000 jaar al in die genade of kerk dispensasie. Dit het met die uitstorting van die Heilige Gees op pinksterdag begin.(Handelinge 2). Dit sal met die wegraping tot einde kom. Die Here neem dan Sy kinders van die aarde af weg om Hom in die lug te ontmoet. Die Griekse woord wat hier gebruik word is HARPAZO - dit beteken skielik, oombliklik wegruk, skoonveld in 'n oogwink. Die woord Harpazo word ook in Openbaring 4:1, Openbaring 12:5 en 1 Thessalonicense 4:17 gebruik. Hulle sal dan voor die Bhema regterstoel van God verskyn waar hulle werke getoets sal word en sal loon ontvang. Dit is hier waar jy tot 6 krone kan verwerf as beloning vir jou werk op aarde.

Die wat op die aarde agterbly sal die groot verdrukking ervaar want die kerk en die Heilig Gees wat die teëhoudende faktor is sal dan weg wees. Daar sal ongekende verwoesting en genadelose pyn op die aarde wees. Daarna sal die wederkoms plaasvind. Jesus sal sy voete op die Olyfberg neersit en sal deur die ooste poort na die herboude Tempel gaan.

Kom ons kyk wat sal alles tydens die wegraping plaasvind.
1 Thessalonicense 4:13-18
13 Maar, broeders, ek wil nie hê dat julle onkundig (Geen mens moet moet in die duister wees nie.) moet wees met betrekking tot die ontslapenes (dooie mense) nie, sodat julle nie treur soos die ander wat geen hoop het nie. 14 Want as ons glo dat Jesus gesterwe en opgestaan het, dan sal God ook so die wat in Jesus ontslaap het, (gesterf het) saam met Hom bring. 15 Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Here, dat ons wat in die lewe oorbly (lewendig) tot by die wederkoms van die Here, die ontslapenes (dooie mense wat met Jesus gesterf het) hoegenaamd nie sal vóór wees nie. 16 Want die Here self sal van die hemel neerdaal met 'n geroep, met die stem van 'n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. 17 Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer (Harpazo - skoonveld, oommbliklik) word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees. 18 Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde.


Kom ons kyk hoe Jesus Sy bruid gaan kom haal.

Jesus sal persoonlik uit die hemel neerdaal. 1 Thessalonicense 4:16 Jesus kom om sy bruid te haal. Hy stuur nie iemand ander om Sy bruid te gaan haal nie. Hy kom self om Sy bruid te haal.

Die basuin sal blaas. 1 Thessalonicense 4:16. Die basuin of Shofar speel 'n belangrike rol in die meeste Joodse gebeure of rituele. Moses het die gebruik van basuin op bevel van God ingestel. Dit was bv gebruik om 'n vergadering van die volk by een te bring of om die laer op te breuk. Numerie 10:2. As die hemelse basuin nou blaas is dit om al die gelowiges bymekaar te roep om die Here in die lug te ontmoet, nie op die grond nie.

Jesus sal neerdaal met 'n geroep. 1 Thessalonicense 4:16. As ons na die gelykenis van die 10 maagde kyk in Mattheus 25:6 sal ons sien dat daar ook 'n geroep was vir die gaste om die bruidegom te ontmoet. Jesus sal heel waarskynlik roep: "Kom op hierheen" soos in Openbaring 4:1-2. Nie almal sal hierdie roepstem van Jesus hoor nie, maar slegs die wat Sy stem ken.

Die eerste opstanding sal plaasvind.1 Thessalonicense 4:16. Dit beteken dat die wat hulle bekeer het voor hulle gesterf het opgewek sal word uit die dode. Hulle sal dan opgeruk word na die hemel en so sal die wat nog leef en wedergebore christene is ook opgeneem word. Almal wat in die wegraping gered word sal verheerlikde liggaame kry. Dit is 'n liggaam soos Jesus gehad het na Sy opstanding uit die dode.

Die wegraping is nie iets nuut nie. Die Here het dit al in die Ou Testament gedoen. Hy het vir Henog weggeneem. (Gen 5:24) en so ook vir Elia (2 Konings 2:11). In die Nuwe Testament sien ons dat Jesus ook vir Fillipus in 'n oogwink weggevoer het (Handelinge 8:39-40). In 'n oogwink was hy in 'n ander dorp waar hy gepreek het. Die enigste verskil sal wees dat dit hierdie keer miljoene mense sal wees en nie net enkelinge nie. Prys die Here daarvoor.

Terug