Hierdie webwerf is opgestel
met die doel om die Bybel se laaste boek, Die openbaring van
Jesus Christus aan Johannes, maklik verstaanbaar te maak.
Daar is gepoog om elke vers, of deel daarvan, wat 'n
verborgenheid bevat so goed moontlik te verduidelik.
Openbaring word altyd as 'n moeilike boek beskou, of daar
word gesê dat dit te moeilik is om te verstaan en
daarom lees ek dit nie. Met hierdie hulpbron behoort
Openbaring baie makliker te wees om te verstaan en daar
behoort nou geen verskoning te wees om dit nie te lees en te
verstaan nie. Dit is van die uiterste belang vir die Christen
om hierdie boek te lees en te verstaan. Lees Openbaring 1:3.
Dit is die enigste boek in die Bybel wat God se
seën aan jou belowe as jy dit "lees",
"hoor" en "bewaar". Die rede hiervoor is
ook in vers 3. want die tyd is naby. Die boek
waarsku ook die Christen van die intensiteit wat sal toeneem
van die Geestelike oorlogvoering teen die kerk.
Daar is ook baie ander geheime opgesluit in hierdie boek.
Lees dit asseblief. Hopelik sal die lig vir u opgaan soos dit
vir my opgegaan het toe dit aan my verduidelik is.
Ek wil ook my mede broer in Christus, Wimpie Liebenberg,
bedank vir sy hulp en bystand met die navorsing,
verduidelikings van die boek en al die proeflees. Dit het my
laat verstaan wooroor Openbaring eintlik gaan. Dit is 'n
pleidooi vir die mensdom om hulle te bekeer en hulle tot God
te keer, want hierdie boek wys vir ons watter ellende en pyn
nog voorlê vir die wat nie gehoorsaam is aan die Woord
van God nie.
Ek wil ook my vrou, Charmaine bedank vir haar bemoediging en
proeflees. Sonder haar en Carmen se geduld en bemoediging en
aanmoediging sou dit nie so maklik gewees het om hierdie werk
te doen nie. Baie dankie ook vir julle geduld en liefde.
Laaste maar nie die minste nie wil ek net sê al die eer
kom God toe wat my toelaat om hierdie werk vir Hom te doen.
Ek dank Hom vir al sy goeie gawes wat ons elke dag so
mildelik uit Sy hand ontvang.
Betekenisleer
As ons na die hoofstukke van die boek openbaring kyk sal u
sien dat daar verskeie kleure gebruik word. Die swart letters
en die syfer is die verse soos in die 1953 vertaling van die
Afrikaanse Bybel voorkom.
Die blou letters is my
verduideliking of betekenis van wat net voor dit gskryf
is.
Die groen onderstreepte
letters is 'n verwysing of "hyperlink" wat u na
'n ander gedeelte sal neem wat iets verduidelik of
demonstreer. Die sketse wat u sien is ook verwyssings en deur
op hulle te kliek met die muis sal hulle vergroot word na
hulle oorspronklike grootte.
As u enige vrae of kommentaar het kan u my per epos bereik
Webmaster
of
Ek bid dat u die webwerf interesant sal vind, en dat die
Heilige Gees vir u hierdie boek sal "oopmaak" om
dit beter te verstaan.