Die openbaring van Jesus Christus aan Johannes
Inleiding
- Dit is die Openbaring van Jesus Christus en nie die Openbaring van Johannes soos in sommige Bybels geskryf is nie.
- Dit is die Openbaring van Jesus Christus aan Johannes deur Jesus.
Agtergrond
- Openbaring is deur Johannes geskryf. Hy was die jongste van die dissiepels.
- Daar was na Johannes verwys as "die geliefde dissipel" en het aan die "binne kring" van Jesus se volgelinge behoort.
- Johannes het waarskynlik na Efese verhuis gedurende die Joodse oorlog van AD 66 - 70. Gedurende hierdie tydperk is die Jode vervolg en gemartel.
- Die skrywer van Openbaring verwys 4 keer na homself as Johannes.
- Hy was wel bekend aan sy lesers en hulle het sy geestelike outoriteit erken.
- Dit word algemeen aanvaar dat die boek gedurende die jare AD 70 - 95 geskryf is.
- Gedurende hierdie tydperk was Johannes 'n baneling op die eiland Patmos(hy is verban deur Domitian, 'n Romeinse keiser van daardie tyd)
- Gedurend hierdie tydperk het die Romeine van alle mense verwag om die Keiser te aanbid.
- Baie het dit teen gestaan en is om die lewe gebring, die metode om mense om die lewe te bring was om hulle te kruisig.
Dit was gedoen ten aanskoue van almal, sodat die wat ongehoorsaam is kan sien wat met hulle sal gebeur.
Notas omtrent Openbaring
- Die titel beteken "onthulling" of "blootlegging."
- Onthulling kom van die Griekse woord "Apokalypsis" wat beteken om dit algemeen bekend te maak.
- Die volle naam in Grieks is: "Apokalypsis Iesou Christou". Dit beteken die openbaring van Jesus Christus of beter nog die Openbaring oor Jesus Christus.
- Dit is die enigste Bybel boek in die nuwe testament wat hoofsaaklik na profetiese (toekomstige) gebeure verwys.
- Openbaring is 'n ware profesie wat verwys na die aanhoudende swaarkry en vervolging van die Christene.
- Volgens Openbaring sal die vervolging en swaarkry erger raak (veral vir die persoon wat na die wegraping agter bly. Die wegraping en die verdrukking word later in detail bespreek.)
- Die Boek bevat 'n lang lys van gebeure wat tot voleinding sal kom met die Wedekoms van Jesus Christus.
- Die simbole, visies en tekens klink asof dit uit 'n wetenskap fiksie rolprent kom. Dit moes vir Johannes baie moelik gewees het om die beelde te beskryf. Dink net hoe sou jy vandag se tegnologie 2000 jaar terug beskryf het.
- Baie mense sien die boek Openbaring as moeilik en deurmekaar en daarom lees hulle dit nie.
- Dit is van die uiterste belang vir die Christen om hierdie boek te lees en te verstaan. Lees Openbaring 1:3.
- Dit is die enigste boek in die Bybel wat God se seen aan jou belowe as jy dit "lees", "hoor" en "bewaar".
- Die rede hiervoor is ook in vers 3. want die tyd is naby.
- Die boek waarsku ook die Christen van die intensiteit wat sal toeneem van die Geestelike oorlogvoering teen die kerk.
- Verder waarsku dit ons ook teen die Antichris se een wereld geldstelsel, een wereld godsdiens en een wereld regering (one world goverment) wat op pad is.
- Die doel van hierdie geseende boodskap is om seker te maak dat die agtergeblewene en nuwe Christene verseker sal wees van pastorale aanmoediging gedurende die vervolgings en verdrukkings tydperk, sodat dit hulle gerus sal stel en herinner aan die hoop in Christus.
- Dit moedig ook die Christendom aan om saam te staan en sodoende die bose magte te oorwin. (Eff 6:12)
- Die boek versoek en moedig die mens wat nog aan die koningkryk van die duisternis behoort aan om die Koningkryk van die lig te aanvaar. Daar is ook ernstige waarskuwings en verwysings na die verdrukking wat sal kom. Dit sal wees soos geen ander tyd op aarde nie.
Waarskuwing
- Lees Openbaring 22:18-19
- Moet nie dinge toevoeg, weglaat of verander aan hierdie boek nie. Deur dit te doen, spreuk jy oor jouself 'n vloek uit wat jou reguit na die Hel sal lei.
Finale seening
- Lees Openbaring 22:20-21
- Die genade van Jesus Christus bly met julle almal.