Openbaring 12

Openbaring 12

Die vrou en die draak.

Die vrou in barendsnood en die draak 1 En 'n groot teken het in die hemel verskyn: 'n vrou wat met die son bekleed was, en die maan was onder haar voete, en op haar hoof 'n kroon van twaalf sterre;(Hier word van Israel gepraat. Ander verwysings in die bybel waar daar na Israel verwys word as 'n vrou is Jesaja 54:1-6 en Jeremia 3:1-14. Die twaalf sterre is die twaalf stamme van Israel. Lees Genisis 37:9-11) 2 en sy was swanger (Jesus is uit Israel gebôre) en het uitgeroep in haar weë en barensnood. 3 En 'n ander teken het in die hemel verskyn, en daar was 'n groot vuurrooi draak(Die draak is Satan.) met sewe koppe (Dit verteenwoordig die sewe hoofde van die sewe wêreld ryke wat Israel vervolg het of oor Israel geheers het. Dit het God aan Daniël in sy naggesig gewys in Daniël hoofstuk 2.
  1. Egiptiese ryk
  2. Asiriëse ryk
  3. Babiloniese ryk - Die kop van goud
  4. Mede en Persiëse ryk - Die bors en arms van silwer.
  5. Griekse ryk - Die buik en lende van brons
  6. Romeinse ryk - Die bene van yster
  7. Die herboude Romeinse ryk - Die voete van klei en yster gemeng)
en tien horings,(Dit verteenwoordig die 10 heersers van die herboude Romeinse ryk.) en op sy koppe sewe krone;(Dit verwys na die hoofde van die ryke wat oor Israel regeer het.) 4 en sy stert het die derde van die sterre van die hemel meegesleep en hulle op die aarde gegooi.(Dit verwys na die eerste keer toe Satan en 'n derde van die engele wat saam met hom gerebeleer het uit die hemel gegooi is.) En die draak het gestaan voor die vrou wat op die punt was om te baar, sodat hy haar Kind sou verslind sodra sy gebaar het. 5 En sy het 'n manlike Kind gebaar, wat al die nasies met 'n ystersepter sou regeer;(Dit beteken ferm en nie soos 'n tiran nie. Hier word verwys na Sy heerskapy gedurende die duisendjarige vrederyk.) en haar Kind (Jesus) is weggeruk (Weereen in die Griekse bybel is dit dieselfde woord, HARPAZO wat beteken skielik, skoon veld of oombliklik, soos ook in Openbaring 4:1 en 1 Thessalonicense 4:17) na God en sy troon. 6 En die vrou het na die woestyn gevlug waar sy 'n plek het wat deur God gereed gemaak is,(Israel sal na Petra in Jordanië vlug sodra die antichris homself god verklaar in die middel van die sewe jaar vredes verdrag - Lees Dan 9:27. Op hierdie tydstip sal hy al die offers in die tempel verbied en eis dat hy aanbid word.) dat hulle haar daar sou onderhou duisend twee honderd en sestig dae lank. (Die rede hoekom die dae presies gegee word is sodat die gelowiges dit kan aftel in afwagting op die wederkoms van Christus. Dit sal erg wees in die verdrukking. Die gelowiges sal bemoedig word deur te weet hoe lank hulle nog moet wag voor die wederkoms, en die einde van die verdrukking. ) Oorlog in die hemel 7 En daar het oorlog in die hemel gekom:(Dit is in die Geestelike realm of wêreld.) Mígael (Die groot aards engel.) en sy engele het oorlog gevoer teen die draak, en die draak en sy engele het oorlog gevoer; (Dit is die laaste geveg in die hemel. Op hierdie stadium het Satan nog steed toegang tot die hemel volgens Job 1) 8 en hulle kon nie oorwin nie, en hulle plek was in die hemel nie meer te vinde nie. 9 En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, (Dit is Satan se hoof doel.) hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp.(Sodra Satan uit die hemel neergewerp word sal hy al sy krag in die antichris belê. Dit is in die middel van die sewe jaar verdrukking. Hy weet dat sy tyd op aarde min is en dat hy binnekort in die bodemlose put toegesluit sal word vir ongeveer 'n duisend jaar, daarom doen hy alles in sy vermoeë om soveel mense as moontlik te verlei en uiteindelik saam met hom na die hel toe te neem.) 10 Toe hoor ek 'n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want die aanklaer (Satan is op hierdie oomblik besig om ons aan te klae by God. Jesus is ons advokaat en hy pleit dat ons vry gespreuk moet word omdat Hy die volle prys (Sy lewe) vir ons betaal het.) van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag. (Die vervulling van Openbaring 10:7 - Die verborgenheid.) 11 En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, (Die engele het oorwin omdat Jesus vir almal aan die kruis gesterf het, toe Sy bloed vir ons gestort is. Met Sy opstanding het hy die dood en Satan oorwin. Deur te getuig dat Jesus opgestaan het en na die hemel opgevaar het, het geweldige krag.) en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie. Vlerke ssos die arend is aan die vrou gegee 12 Daarom, wees verheug, o hemele en die wat daarin woon; wee die bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het na julle neergedaal met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het. (Satan weet dat hy binnekort vir ± 1000 jaar in die bodemlose put opgesluit sal word.) 13 En toe die draak sien dat hy neergewerp is op die aarde, het hy die vrou (Israel) vervolg wat die seuntjie (Jesus) gebaar het; 14 maar die twee vlerke van die groot arend (groot spoed) is aan die vrou gegee, (Hulle sal baie vinnig uit Israel uit vlug en sal beskerm word soos in die dae toe die Israeliete uit Egipte uit getrek het. ) sodat sy na die woestyn, na haar plek, kon vlieg, waar sy uit die gesig van die slang onderhou word, 'n tyd en tye en 'n halwe tyd.(3½ jaar, die laaste helfte van die verdrukking) 15 En die slang het uit sy bek water (Water verwys na baie mense) soos 'n rivier agter die vrou aan uitgegooi, om haar te laat wegvoer deur die rivier. Die aarde het die rivier ingesluk 16 En die aarde het die vrou te hulp gekom, en die aarde het sy mond oopgemaak en die rivier opgesluk, (Moontlik 'n aardbewing en volgens Daniël 11:44 sal magte uit die noorde en ooste die antichris aanval.) wat die draak uit sy bek uitgegooi het. 17 En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge (ander christen nasies wat Israel help of dit kan ook die 144 000 Jode wees.) wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou.

Die dier wat uit die see opkom

18 En ek (Johannes) het op die sand van die see gaan staan.

volgende hoofstuk
indeks
vorige hoofstuk

Kopiereg van die Bybelteks © Bybelgenootskap van Suid Afrika 1953