Openbaring 2

Openbaring 2


Die Kerk(genade) Dispensasie


Agtergrond


Op hierdie stadium (ongeveer 96 AD) was daar meer as 100 gemeentes in Asie. Daar is 3 teoriee omtrent hierdie briewe. Die eerste is dat Johannes (gelei deur die Heilig Gees) sewe gemeentes uit gesonder het wat tiperend was of einskappe getoon het van al die gemeentes in Asie, en ook van toepassing is op hoe die kerk vandag lyk. Die tweede teorie is dat die kerk deur die tyd deur al die fases(soos die gemeentes wat in die briewe beskryf word) gegaan het en dat ons nou in die Laodicense tydperk van broederliefde is. Dit wil sê die sewende brief en die laaste kerk tydperk. Dit maak egter nie heeltemal sin nie aangesien daar vandag nog steeds kerke is wat vervolg word en wat lou warm is. Die derde teorie is dat dit niks met die kerk te doen het nie maar dat Johannes slegs aan sewe gemeentes wat daardie tyd bestaan het, briewe geskryf het om hulle te bemoedig, maar dan beteken dit dat dit geen betekenis vir die kerk van vandag het nie, en dit weet ons is onwaar.

Die eerste teorie is die een wat ek graag wil veduidelik.

Elkeen van hierdie briewe het dieselfde styl.

Elkeen wat hierdie boek lees moet besluit aan watter gemeente hy/sy behoort en dan die uitdaging opneem.

Briewe aan die sewe gemeentes van Asie.
Eerst brief:
aan Éfese (Die liefdelose kerk)

Teks versKategorieUitleg
1 Skryf aan die engel van die gemeente in Éfese: Watter Gemeente Die engel verwys na die hoof van die spesifieke gemeente.
Dít sę Hy wat die sewe sterre in sy regterhand hou, wat wandel tussen die sewe goue kandelaars Karakter van Jesus Jesus is die middelpunt van die kerk.
2 Ek ken jou werke en jou arbeid en jou lydsaamheid, en dat jy slegte mense nie kan verdra nie; en dat jy dié op die proef gestel het wat sę dat hulle apostels is en dit nie is nie, en hulle leuenaars bevind het; 3 en dat jy verdra het en lydsaamheid besit, en ter wille van my Naam gearbei en nie moeg geword het nie. Erkenning
  • Hierdie gemeente dien die Here onder moeilike omstandighede.
  • Hulle het nie skynheiliges toegelaat nie.
4 Maar Ek het teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het. Tekortkominge Hierdie gemmente het die ware liefde van Jesus verlaat en ortodokse roetine begin aanhang.
5 Onthou dan waarvandaan jy uitgeval het, en bekeer jou en doen die eerste werke. Anders kom Ek gou na jou toe en sal jou kandelaar van sy plek verwyder as jy jou nie bekeer nie. 6 Maar dit het jy, dat jy die werke van die Nikolaďete haat, wat Ek ook haat. Regstelling
  • Hierdie gemeente moet hom bekeer.
  • Die kandelaar verwys na die Heilige Gees wat verwyder sal word.
  • Die Nikolaďete verwys na streng tradisie. Dit verwys ook na mense wat nie suiwer van hart was nie. Hulle het geglo in veelwywery,owerspel, egbreuk en vleis geeet wat aan afgode geoffer was.
7 Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sę. Uitdaging Hierdie gemeente moet hulle bekeer.
Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die boom van die lewe wat binne in die paradys van God is. Beloning/ Belofte Die boom van die lewe vewys na die bome aan weerskante van die stroom lewende water wat vanuit God se troon vloei. (Esegiel 47).


Tweede brief:
Aan die gemeente van Smirna (Die vervolgde kerk)

Teks versKategorieUitleg
8 En skryf aan die engel van die gemeente in Smirna: Watter Gemeente Smirna beteken bitterheid.
Dít sę die eerste en die laaste, wat dood was en lewend geword het: Karakter van Jesus
  • Verwys na Jesus se opstanding.
  • Die dood en Satan het geen houvas op Jesus nie.
9 Ek ken jou werke en verdrukking en armoede maar jy is ryk en die lastering van die wat sę dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar 'n sinagoge van die Satan. Erkenning
  • Dit is 'n baie arm gemeente.
  • Hulle word die heeltyd vervolg.
  • Hulle is ryk omdat hulle die ewige lewe het.
  • Hulle gee voor dat hulle ewige verbonds kinders van God is, soos sekere Jode voorgee tydens hulle seremonies, maar eintlik is hulle Sinagoges van die Satan. Hulle verkondig 'n valse evangelie.
Tekortkominge Geen
Regstelling Geen
10 Vrees vir niks wat jy sal ly nie. Kyk, die duiwel gaan sommige van julle in die gevangenis werp, sodat julle op die proef gestel kan word; en julle sal tien dae lank verdrukking hę. Wees getrou tot die dood toe, en Ek sal jou die kroon van die lewe gee. 11 Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sę. Uitdaging
  • Verwys na 10 profetiese dae wat in werklik jare is.
  • Vir 10 jaar het Diocletian, die Romeinse keiser die mense vervolg a.g.v. hulle godsdiens.
  • In die ou testament verwys die syfer 10 na gereeld of aanhoudend. (Num 14:22, Neh 4:12,Dan 1:20)
  • Al word die mense gedood deur gekruisig te word of op 'n brand stapel verbrand moet hulle aanhou om die Here te dien.
Die wat oorwin, sal deur die tweede dood geen skade ly nie. Beloning/ Belofte As hulle nou vir Jesus se onthalwe sterwe sal hulle met die ewige lewe beloon word.

Derde brief:
aan die gemeente van Pergamus.(Die kompromie kerk)

Teks versKategorieUitleg
12 En skryf aan die engel van die gemeente in Pérgamus: Watter Gemeente Pergamus beteken Huwelik
Dít sę Hy wat die skerp tweesnydende swaard het: Karakter van Jesus Die swaard verwys na die Woord van God.
13 Ek ken jou werke en die plek waar jy woon, waar die troon van die Satan is. En jy hou vas aan my Naam en het die geloof in My nie verloën nie, selfs in die dae waarin Antipas my getroue getuie was, wat gedood is by julle waar die Satan woon. Erkenning
  • Antipas was die eerste martelaar vir Christus.
  • Omtrent almal in Pérgamus het die Keiser gedien.(Die troon van Satan)
  • Dit kan ook beteken dat jy in 'n moderne land lewe waar Christus nie erken word nie.
14 Maar Ek het enkele dinge teen jou: dat jy daar mense het wat vashou aan die leer van Bíleam wat Balak geleer het om 'n struikelblok voor die kinders van Israel te werp, naamlik om afgodsoffers te eet en te hoereer. 15 So het jy ook mense wat vashou aan die leer van die Nikolaďete, wat Ek haat. Tekortkominge
  • Balak was die koning wat Bíleam gehuur het om 'n vloek oor Israel uit te spreuk.
  • Israelitiese mans het daarna imorele seks dade met die Moabietiese vroue gepleeg en hulle afgode aanbid.
  • Net so word die kerk vandag verlei en praat sekere nie christelike rituel goed (homoseksuele dade ens. - gaan 'n kompromie aan).
  • Die Nikolaďete verwys na streng tradisie. Dit verwys ook na mense wat nie suiwer van hart was nie. Hulle het geglo in veelwywery,owerspel, egbreuk en vleis geeet wat aan afgode geoffer was.
16 Bekeer jou; anders kom Ek gou na jou toe en sal teen hulle oorlog voer met die swaard van my mond. Regstelling Die gemeente moet hulle bekeer anders sal God sy wraak op hulle laat neerdaal.
17 Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sę. Uitdaging Die gemeente moet luister wat die Heilige Gees an hulle sê
Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die verborge manna, en Ek sal hom gee 'n wit keursteen, en op dié steen 'n nuwe naam geskrywe wat niemand ken nie, behalwe hy wat dit ontvang. Beloning/ Belofte
  • Jesus is die brood van die Lewe. Die manna verwys na die verborge dinge wat slegs deur die Heilige Gees aan die geredde mense openbaar word.
  • Dit was die gebruik van die jurie om hulle oordeel bekend te maak met 'n wit of swart klippie/steentjie. 'n Wit klippie het beteken onskuldig, en 'n swart klippie skuldig.
  • Die nuwe naam verwys na 'n nuwe verbond wat gesluit word. Jesus het al ons skuld aan die kruis betaal en daarom word ons vrygespreuk.

Vierde brief:
Aan die gemeente van Thiatíre (Die Korupte kerk)

Teks versKategorieUitleg
18 En skryf aan die engel van die gemeente in Thiatíre: Watter Gemeente Beteken offer van arbeid. Dit was ook 'n parfuum.
Dít sę die Seun van God wat oë het soos 'n vuurvlam, en sy voete is soos blink koper: Karakter van Jesus Dit verwys na die ewige wysheid, alomteenwoordigheid en alwetenheid van Jesus.
19 Ek ken jou werke en liefde en diens en geloof en jou lydsaamheid en jou werke, en dat die laaste meer is as die eerste. Erkenning Hierdie gemeente het liefde, geloof en geduld gehad.
20 Maar Ek het enkele dinge teen jou; dat jy die vrou Isébel, wat haarself 'n profetes noem, toelaat om te leer en my diensknegte te verlei om te hoereer en afgodsoffers te eet. 21 En Ek het haar tyd gegee om haar van haar hoerery te bekeer, en sy het haar nie bekeer nie Tekortkominge
  • Isébel was n' valse profetes. Sy het Israel na Baal aanbidding gelei.
  • Sy het Israel na letterlikke en geestelike verleiding blootgestel.
  • Hulle het seksuele imorele dade gedoen.
  • Hulle het ook dinge wat aan afgode geoffer was geeet.
22 Kyk, Ek werp haar neer op 'n siekbed, en die wat met haar owerspel bedryf, in 'n groot verdrukking, as hulle hul nie van hul werke bekeer nie. 23 En haar kinders sal Ek sekerlik doodmaak, en al die gemeentes sal weet dat dit Ek is wat niere en harte deursoek,. Regstelling
  • Die mense in die kerk sal siek word a.g.v. hulle seksuele imorele dade. Dit is siektes soos VIGS en ander seksuele oordraagbare siektes.
  • Die kinders sal doodgemaak word sal ook a.v.d siektes sterf.
Uitdaging
    Wag op die Here en behou die goeie werke.
26 En aan hom wat oorwin en my werke tot die einde toe bewaar, sal Ek mag oor die nasies gee, 27 en hy sal hulle regeer met 'n ysterstaf; soos erdegoed word hulle verbrysel, net soos Ek ook van my Vader ontvang het. 28 En Ek sal hom die môrester gee. 29 Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sę. Beloning/ Belofte
  • Die ysterstaf verwys na 'n ferm regering en nie 'n diktatorskap nie.
  • Die môrester verwys na die Lig wat Jesus na 'n donker wereld bring.
  • Die wat die ewige lewe kry sal saam met Jesus as konings en priesters regeer na Sy wederkoms gedurende die duisend jaar vrede ryk.

Oral in die boek Openbaring kry ons versteekte manoras. Die sewe gemeentes vorm 'n menora. As ons na die karakter einskappe van Jesus kyk sal ons sien dat hier in die vierde gemeente na Jesus as Seun van God wat oë het soos 'n vuurvlam, het verwys word.

volgende hoofstuk
indeks
vorige hoofstuk

Kopiereg van die Bybelteks © Bybelgenootskap van Suid Afrika 1953