Openbaring 3

Openbaring 3


Vyfde brief:
aan die Gemeente van Sardis (Die dooie kerk)

Teks versKategorieUitleg
1 En skryf aan die engel van die gemeente in Sardis: Watter Gemeente Dit beteken prins van vreugde. Dit was die hoofstad van die provinsie Lydia in klein Asie.
Dít sê Hy wat die sewe Geeste van God en die sewe sterre het Karakter van Jesus
  • Sewe simboliseer volmaaktheid.
  • Simboliseer beheer.
Erkenning Geen
Ek ken jou werke, dat jy die naam het dat jy leef en jy is dood. 2 Wees wakker en versterk die wat oorbly, wat op die punt staan om te sterwe, want Ek het jou werke nie volkome voor God gevind nie. Tekortkominge
  • Hierdie kerk behoort nie werklik aan die koningkryk nie daarom sê Jesus julle het die naam dat julle leef maar julle is dood. Ander mense dink hulle is christene maar in werklikheid is hulle nie, want hulle dra nie die vrugte van die Gees nie en streef ook nie heiligmaking na nie.
  • Hulle doen goeie dade maar hulle werke is nie volkome nie - ontbreek hulle dalk die liefde?
  • Hulle moet aanhou om die dinge wat hulle reg doen so te doen, en probeer om dit beter te doen.
3 Onthou dan hoe jy dit ontvang en gehoor het, en bewaar dit en bekeer jou; as jy dan nie wakker word nie, sal Ek op jou afkom soos 'n dief, en jy sal nie weet in watter uur Ek op jou afkom nie. Regstelling
  • Die gemeente moet hulle bekeer anders sal hulle onkant betrap word.
  • Die dief in die nag en die uur verwys na die wegraping.
4 Maar jy het enkele persone ook in Sardis wat hulle klere nie besoedel het nie, en hulle sal saam met My in wit klere wandel, omdat hulle dit waardig is. Uitdaging Hierdie gemeente moet hulle bekeer. Daar is net 'n paar wat op hierdie stadium waardig is om kinders van God genoem te word.
5 Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en Ek sal sy naam bely voor my Vader en voor sy engele. 6 Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Beloning/ Belofte
  • Die wit klere verwys na heiligheid.
  • Boek van die lewe verwys na die ewige lewe. As jy bly doen wat die Woord sê sal jy hemel toe gaan.
  • Jesus is op die oomblik ons advokaat in die hemel en Hy verdedig ons as Satan ons aankla by God die Vader.

Sesde brief:
aan die gemeente van Filadelfía (Die getroue kerk)

Teks versKategorieUitleg
7 En skryf aan die engel van die gemeente in Filadelfía: Watter Gemeente Beteken broederliefde.
Dít sê die Heilige, die Waaragtige, wat die sleutel van Dawid het, wat oopmaak en niemand sluit nie, en Hy sluit en niemand maak oop nie: Karakter van Jesus Die sleutel van Dawid simboliseer gesag.
8 Ek ken jou werke. Kyk, Ek het voor jou 'n geopende deur gegee, en niemand kan dit sluit nie, want jy het min krag en jy het my woord bewaar en my Naam nie verloën nie. 9 Kyk, Ek gee jou uit die sinagoge van die Satan, van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar lieg Ek sal maak dat hulle kom en voor jou voete neerbuig en erken dat Ek jou liefgehad het. 10 Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel. Erkenning
  • Die geopende deur verwys na die Heilige Gees. Niemand kan die Heilige Gees wegvat nie,veral nie in die laaste dae as God Sy gees oor die aarde uitstort nie. Die Gees gee ons ook toegang tot God die Vader. Dit kan ook na die wegraping verwys.
  • Alhoewel dit nie 'n sterk gemeente was nie het hulle steeds die Woord van God bewaar.
  • Hulle het God nooit verloën nie. Hulle het Sy gebooie onderhou.
  • Die laaste sin van vers 9 verwys na die wit troon oordeel.
  • Die Griekse vertaling vir hierdie gedeelte (vers 10) is " ek tes hores" wat beteken dat dit uit die uur van beproewing sal neem. Baie mense vestaan dat ons deur die verdrukking moet gaan omdat hiedie gedeelte sê dat ons bewaar sal word in die uur van beproewing. Dit behoort te lees: "Ek sal jou bewaar van die uur van beproewing"
Tekortkominge Geen
Regstelling Geen
11 Kyk, Ek kom gou! Hou vas wat jy het, sodat niemand jou kroon kan neem nie. Uitdaging
  • Hou vas aan dit wat julle het. Bly in die geloof en wag op die koms van Jesus. Hier is ook 'n belofte. God sal jou bewaar van die uur van beproewing wat na die verdrukking verwys.
12 Wie oorwin, Ek sal hom 'n pilaar in die tempel van my God maak, en hy sal daar nooit weer uitgaan nie; en Ek sal op hom die Naam van my God skrywe en die naam van die stad van my God, van die nuwe Jerusalem, wat uit die hemel van my God neerdaal, en my nuwe Naam. 13 Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Beloning/ Belofte
  • In Johannes se tyd het hulle mense vereer deur 'n pilaar in die tempel te bou met die persoon se naam daarop. Jesus sal jou ook vereer in die hiernamaals.
  • Elkeen wat in die koningkryk van God ingaan sal 'n nuwe naam kry, omdat daar 'n nuwe verbond met God gesluit word.
  • Na die 1000 jaar vrederyk op aarde sal ons in die nuwe Jerusalem woon. Dit sal later in detail bespreek word.

Sewende brief:
aan die gemeente van Laodicéa (Die Louwarm kerk)

Teks versKategorieUitleg
14 En skryf aan die engel van die gemeente van die Laodicense: Watter Gemeente Beteken mense regte. Hierdie kerk het dinge soos Homoseksuele en aborsies goed gepraat.
Dít sê die Amen, die getroue en waaragtige Getuie, die begin van die skepping van God: Karakter van Jesus Dit verwys na God se almagtigheid, alomteenwoordigheid,alwetenheid en ewigheid. God is die begin en einde die alfa en omega.
Erkenning Geen
15 Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie. Was jy tog maar koud of warm! 16 Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit my mond spuug. 17 Want jy sê: Ek is ryk en het verryk geword en het aan niks gebrek nie; en jy weet nie dat dit jy is wat ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en naak is nie. 18 Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en wit klere, dat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien. 19 Almal wat Ek liefhet, bestraf en tugtig Ek. Tekortkominge
  • Omdat hierdie kerk louwarm is sal Jesus hulle uitspuug. Hulle is huigelaars.
  • Hierdie is 'n baie ryk kerk, maar hulle maak skatte op die aarde bymekaar i.p.v in die hemel. Dit is die rede hoekom Jesus hulle beklaenswaardig en ellendig noem.
  • Jesus raai hulle aan om die ou dinge af te lê. Hulle moet hulle tot die genade van God wend.
  • Jesus bestraf en tugtig die wat Hy lief het.
Wees dan ywerig en bekeer jou. Regstelling Hierdie gemeente moet hom bekeer. Hulle moet begin om ywerig te werk vir die Here.
20 Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My. Uitdaging Jesus staan by die deur en Hy klop. Net die persoon binne kan die deur opmaak en Jesus as sy persoonlike saligmaker aan neem. Het jy dit al gedoen? Indien nie moet jy dit vinnig doen want die tyd is min.
21 Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon, soos Ek ook oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het. 22 Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Beloning/ Belofte Die wat oorwin sal saam met Jesus op sy troon sit. Soos voorheen gesê, ons sal saam met Jesus as konings en priesters regeer gedurende die 1000 jaar vrederyk. Wat n' wonderlike belofte en voorreg!

volgende hoofstuk
indeks
vorige hoofstuk

Kopiereg van die Bybelteks © Bybelgenootskap van Suid Afrika 1953